Die Millennium-stadion (Wallies: Stadiwm y Mileniwm), tans die Prinsdom-stadion (Wallies: Stadiwm Principality) genoem weens borgskapredes, is die nasionale stadion van Wallis. Dit is die tuisveld van die Walliese nasionale rugbyspan en bied ook op ’n gereelde grondslag wedstryde van die Walliese nasionale sokkerspan aan. Dit is aanvanklik gebou om deel te wees van die Rugbywêreldbeker 1999 en het sedertdien talle grootskaalse gebeure gehuisves, waaronder die Tsoenami-verligtingskonsert, die Super Special-fase van die Walliese Veldren Groot-Brittanje, die Speedway Grand Prix van Groot-Brittanje en talle musiekkonserte.
duimnael|links|Die ou Arms Park is in 1998 verwyder om plek te maak vir die nuwe Millennium-stadion Die Millennium-stadion word besit deur Millennium-stadion plc wat ’n filiaalmaatskappy van die Walliese Rugbyunie (WRU) is. Die stadion is ontwerp deur ’n span wat gelei is deur Bligh Lobb Sportargitektuur wat vroeg in 2009 hernoem is na Populous. WS Atkins was die strukturele ingenieurs en Laing O’Rourke die boukontrakteur. Die totale konstruksiekoste van die stadion was £121 miljoen waarvan die Millennium-kommissie £46 miljoon befonds het.
Die stadion is in Junie 1999 geopen en die eerste groot gebeurtenis wat plaasgevind het was ’n internasionale rugbywedstryd op 26 Junie 1999 tussen Wallis en Suid-Afrika in ’n vriendskaplike wedstryd waarin Wallis met 29–19 geseëvier het voor ’n skare van 29 000. Met ’n totale kapasiteit van 74 500 is dit die derde grootste stadion in die Sesnasies-toernooi na Stade de France en Twickenham. Dit is voorts ook die tweede grootste stadion ter wêreld met ’n uitskuifbare dak en dit was die tweede stadion in Europa met hierdie funksie.
Wedstryde JaarWedstrydSpanTellingSpan 2Toeskouers1999Poel D23–1872 50064–1572 50031–3870 84933–1236 000Kwarteindstryd 29–2474 499Derde plek22–1850 000Eindstryd35–1272 5002007Poel B20–3071 02229–1645 00072–1835 245Kwarteindstryd 218–2071 6692015Poel A54–971 88728–1367 25323–1371 576Poel C43–1069 167Poel D50–768 5239–2472 163Kwarteindstryd 262–1371 619Kwarteindstryd 320–4372 316
Verwysings
Eksterne skakels
Die Millennium-stadion se amptelike webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Cardiff Kategorie:Rugby in Wallis Kategorie:Rugbystadions in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Sokkerstadions in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions