Die Frasnium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die Frasnium was van sowat 382,7 tot 372,2 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Givetium-etage/tydsnede en gevolg deur die Famennium.

Naam en definisie Die etage is genoem na die Belgiese stad Frasnes-lez-Couvin noord van Couvin. Die basis van die Frasnium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Ancyrodella rotundiloba en die bokant deur die uitwissing van die Conodonta Ancyrodella en Ozarkodina en die Goniatitida Gephuroceratidae en Beloceratidae. Die tipeligging vir die basis is op die Col du Puech de la Suque by die Franse St. Nazaire-de-Ladarez.Klapper et al. (1987)

Bronne

Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Klapper, G.; Feist, r. & House, M.R.; 1987: Decision on the Boundary Stratotype for the Middle/Upper Devonian Series Boundary, Episodes 10(2), p. 97-101.

Kategorie:Devoon