Die Pragium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Pragium was van 410,8 tot 407,6 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2004) Dit is voorafgegaan deur die Lochkovium-etage/tydsnede en gevolg deur die Emsium.
Naam Die basis van die Pragium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Eognathodus sulcatus en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus kitabicus. Dit is genoem na Praag in Tsjeggië – die tipeligging vir die basis is in die steengroef Valká Chuchle suidwes van Praag.Chlupác & Oliver (1989)
Bronne
Chlupác, I. & Kukal, Z.; 1977: The boundary stratotype at Klonk. The Silurian-Devonian Boundary. IUGS Series A5, p. 96-109, ISSN 0374-8480. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Devoon