Die Eifelium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Eifelium was van sowat 393,3 tot 387,7 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Emsium-etage/tydsnede en gevolg deur die Givetium.
Naam en definisie Die etage is genoem na die Eifel in die Ardenne waar kalksteen uit die tydperk voorkom. Die basis van die Eifelium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus costatus partitus en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus hemiansatus. Die tipeligging vir die basis is suidoos van die dorp Schönecken-Wetteldorf in die Eifel.
Bronne
Beyrich, E.; 1837: Beiträge zur Kenntniss der Versteinerungen des rheinischen Übergangsgebirges, F. Dümmler, Berlyn. Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Ziegler, W. & Klapper, G.; 1985: Stages of the Devonian System, Episodes 8(2), p. 104-109.
Kategorie:Devoon