Die Emsium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die Emsium was van 407,6 tot 393,3 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Pragium-etage/tydsnede en gevolg deur die Eifelium.

Naam en definisie Die Emsium is genoem na die plek Bad Ems in Duitsland. Die basis word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus costatus partitus. Die tipeligging vir die basis is suidoos van Samarkand in Oezbekistan.Yolkin et al. (1997)

Bronne

Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, . Yolkin, E.A.; Kim, A.I.; Weddige, K.; Talent, J.A. & House, M.R.; 1997: Definition of the Pragian/Emsian Stage boundary, Episodes 20(4), p. 235-240.

Kategorie:Devoon