België (Nederlands: België, [ˈbɛlɣijə], ; Frans: Belgique, [bɛlʒik], ; Duits: Belgien, [ˈbɛlɡi̯ən], ), amptelik die Koninkryk België (Nederlands: Koninkrijk België; Frans: Royaume de Belgique; Duits: Königreich Belgien),In die minderheidstale van België: Limburgs: Keuninkriek Belsj, Luxemburgs: Kinnekräich Belsch, Pikardies: Roéyôme d'Bergike, Wallonies: Royåme di Beldjike, Wes-Vlaams: Keunienkryk België. is 'n land in Noordwes-Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van amper 11,8 miljoen (in 2024) in 'n gebied meer as dertigduisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa (met Nederlandssprekende mense in die noorde, die Vlaminge) en die Romaanse Europa (met Franssprekende mense in die suide). Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands – soms nieamptelik Vlaams genoem – in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, die Brusselse Hoofstedelike Gewes, is amptelik tweetalig, maar die meerderheid van die inwoners praat Frans. 'n Amptelik erkende minderheid Duitse sprekers is in die ooste gesetel. Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik, en word weerspieël in België se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van België België se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners, die Belgae, 'n groep van meestal Keltiese stamme, en van die Romeinse provinsie in noordelike Gallië, wat as Gallia Belgica bekendgestaan het. Geskiedkundig was België deel van die Lae Lande, wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en 'n effens groter gebied as die huidige Benelux-stategroep gedek het. Van die einde van die Middeleeue tot die sewentiende eeu, was dit 'n vooruitstrewende handel- en kultuurmiddelpunt. Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was België, op daardie stadium die Suidelike Nederlande genoem, die terrein van talle veldslae tussen die Europese moondhede en is die "die vegkamp van Europa" genoem.

België was in 1951 'n stigterslid van die Europese Unie en huisves die hoofkantore daarvan, sowel as dié van ander belangrike internasionale organisasies, soos die NAVO. België se strydmag is volledig in NAVO geïntegreer en neem aan internasionale vredesendings deel.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Etimologie Volgens Julius Caesar het die Belgae die noordelikste deel van Gallië bewoon. Hulle het in 'n gebied geleef wat gestrek het van Parys tot by die Ryn en heelwat groter was as die huidige België. Caesar het eerder spesifiek die Latynse woord Belgium gebruik om na 'n polities dominante deel van die gebied te verwys wat nou in Noord-Frankryk is. Ná Caesar se veroweringe het Gallia Belgica die Latynse benaming geword vir 'n groot Romeinse provinsie wat die grootste deel van Noord-Gallië ingesluit het.

Geskiedenis

duimnael|links|Die Romeinse provinsie Gallia Belgica duimnael|links|Karel die Grote se monogram duimnael|links|Kaart van Vlaandere in 1609 duimnael|links|Episode van die Belgiese Rewolusie van 1830, Egide Charles Gustave Wappers (1834), in die Antieke Kunsmuseum, Brussel Oor die afgelope twee millennia het die gebied beduidende demografiese, politiese en kulturele skommelings ondergaan. Die eerste goed gedokumenteerde bevolkingsbeweging was die verowering van die gebied deur die Romeinse Republiek in die 1ste eeu v.C.

Die Germaanse Franke het in die vyfde eeu die Merowingiese koninkryk gevestig wat in die 8ste eeu met Pepijn die Korte en Karel die Grote die Karolingiese Ryk geword het. Tydens die Middeleeue is die Lae Lande verdeel in menige klein feodale state (Vlaandere, Brabant, Henegouwen, Holland, Luxemburg, ensovoorts). Meeste daarvan is in die loop van die 14de en 15de eeue deur die Boergondiese hertoë Filips die Stoute, Jan sonder Vrees en Filips die Goeie in die Boergondiese Nederlande verenig. Die state het 'n mate van selfbestuur in die 15de eeu bereik en is in die 16de eeu die Sewentien Provinsies genoem.

Die geskiedenis van België kan vanaf 1585 (val van Antwerpen) onderskei word van die van Holland. 'n Burgeroorlog, die Tagtigjarige oorlog (1568–1648), het die Sewentien Provinsies in die Verenigde Provinsies in die noorde en die Spaanse Suidelike Nederlande in die suide verdeel. Die suidelike provinsies is opeenvolgend deur die Spaanse en Oostenrykse Habsburgers oorheers.

Tot met onafhanklikheid was die Suidelike Nederlande gesog deur talle Franse veroweraars en was dit die teater vir meeste van die Frans-Spaanse en Frans-Oostenrykse oorloë tydens die 17de en 18de eeue. Na die Veldtogte van die Franse Rewolusionêre Oorloë in 1794, is die Oostenrykse Nederlande – insluitend gebiede wat nooit onder Habsburgse beheer was nie, soos die Bisdom van Luik – deur Frankryk oorrompel, wat 'n einde gebring het aan die Oostenrykse heerskappy.

Die Franse oorheersing sou twintig jaar duur, vanaf 1794 tot 1814. Napoleon Bonaparte sou 'n kragtige verfransingspolitiek toepas en gedurende die tyd het Vlaandere vinnig verfrans. Franse amptenare, onderwysers, regters en advokate het die land binnegestroom, en Nederlands was verbode verklaar. Alle moontlike maatreëls is getref om Nederlands in Vlaandere uit te roei. Nederlands is uit die stadsbestuur, gereg en die leer verban. Daarby is die Nederlandse pers ook vervolg (Picard 1963:87). In die groot stede Gent, Antwerpen en Brussel, waar die stadsbesture Nederlands gebruik het, was verplig om slegs Frans te gebruik. Die hereniging van die Lae lande as die Verenigde Koninkryk van die Nederlande het in 1814 plaasgevind.

Die moderne staat België ontstaan in 1830, toe Nederland se suidelike provinsies afstig. Die Belgiese Rewolusie van 1830 lei tot die vestiging van 'n onafhanklike, Rooms-Katolieke en neutrale België onder 'n voorlopige regering. Sedert die inhuldiging van Leopold I van België as koning in 1831, is België 'n grondwetlike monargie en parlementêre demokrasie. Tussen onafhanklikheid en die Tweede Wêreldoorlog het die demokratiese stelsel ontwikkel van 'n oligargie gekenmerk deur twee hoofpartye, die Katolieke en die Liberale, tot 'n algemene stemregstelsel wat 'n derde party, die Belgiese Arbeidersparty insluit en 'n sterk rol vir die vakunies. Oorspronklik was Frans, wat die aangenome taal van die adelstand en die bourgeoisie was, die enigste amptelike taal. Die land het sedertdien 'n tweetalige Nederlands-Franse stelsel ontwikkel.

Die Berlyn Konferensie van 1885 kom ooreen met die oorhandiging van die Kongo deur koning Leopold II as sy private besitting, die "Kongo-Vrystaat", aan die Belgiese staat. In 1908 is dit as 'n kolonie aan België gesedeer, hierna "Belgies-Kongo" genoem. België se neutraliteit is in 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog geskend toe die Duitse Keiserryk België as deel van die Schlieffen-plan ingeval het. Die voormalige Duitse kolonies Ruanda-Urundi – nou bekend as Rwanda en Burundi – is in 1916 deur Belgies-Kongo beset. Die gebiede is in 1924 deur die Volkebond aan België as mandaatgebiede toegeken. België is in 1940 weer tydens die blitzkrieg-offensief deur Nazi-Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog binnegeval. Belgies-Kongo het sy onafhanklikheid op 30 Julie 1960 tydens die Kongokrisis verkry en Ruanda-Urundi het in 1962 onafhanklik geword.

Na die Tweede Wêreldoorlog het België by NAVO aangesluit en het die land saam met Nederland en Luxemburg die Benelux-nasiegroep gevorm. België was ook een van die stigterslede van die Europese Ekonomiese Gemeenskap. België huisves die hoofkantore van NAVO en 'n groot deel van die Europese Unie se instellings en administratiewe owerhede, insluitend die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie en meeste van die sessies van die Europese Parlement. Gedurende die 20ste eeu, en in besonder sedert die Tweede Wêreldoorlog, is die geskiedenis al hoe meer oorheers deur die outonomie van sy twee hoof taalgemeenskappe. Die tydperk word gekenmerk deur 'n styging in tussen-gemeenskap spanning en die eenheid van die Belgiese staat is op die voorgrond. Taaldispuut verdeel België, BBC Nuus, 13 Mei 2005 Deur middel van grondwetlike hervorminge in die 1970's en 1980's, het regionalisering van die unitêre staat tot die daarstel van 'n drievlakstelsel van federalisme, linguistieke gemeenskap en streeksregerings gelei, 'n kompromis wat daarop gemik was om taalspanning te minimaliseer. Deesdae hou die federale entiteite meer wetgewende mag as die nasionale tweekamerparlement.

Politiek duimnael|links|upright|Koning Filip van België duimnael|Die Belgiese Parlement in Brussel duimnael|Die Koninklike paleis in Brussel duimnael|links|upright|Die eerste minister Bart De Wever duimnael|Die Justisiepaleis in Brussel België is 'n grondwetlike populêre monargie en parlementêre demokrasie wat ná die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het van 'n unitêre staat tot 'n federasie. Die tweekamerparlement bestaan uit 'n senaat en 'n Kamer van Verteenwoordigers. Die eersgenoemde is 'n mengsel van direk verkose senior politici en verteenwoordigers van die gemeenskappe en geweste; terwyl laasgenoemde alle Belge agtien jaar en ouer in 'n proporsionele kiesstelsel verteenwoordig. België is een van die min lande met verpligte stemmery het en dus een van die hoogste verkiesingsdeelname ter wêreld het. Election turnout in national lower house elections from 1960 to 1995, numbers from Mark N. Franklin's "Electoral Participation."

Die federale regering, voorheen deur die koning benoem, moet die vertroue van die Kamer van Verteenwoordigers hê. Dit word deur die eerste minister gelei. Die aantal Nederlands- en Franssprekende ministers is gelyk soos vereis deur die Grondwet. Constitution of Belgium Art. 99 Die koning of koningin is die staatshoof. Hy of sy het egter slegs beperkte prerogatiewe. Werklike mag is gevestig in die eerste minister en die verskillende regerings wat die land regeer. Die regstelsel is gegrond op siviele reg en het sy oorsprong in die Napoleontiese kode. Die appèlhof is een vlak laer as die Hof van Cassatie, 'n instelling gegrond op die Franse Cour de cassation.

België se politieke instellings is kompleks; politieke mag is grootliks georganiseer ter ondersteuning van verteenwoordiging van die hooftaalgroepe. Sedert ongeveer 1970 het die belangrike nasionale Belgiese politieke partye verdeel in afsonderlike komponente wat hoofsaaklik die belange van die twee gemeenskappe verteenwoordig. Die belangrikste partye in elke gemeenskap behoort tot drie hoof politiese families: die regtervleuel Liberale, die sentristiese Christen Demokrate, en die linkervleuel Sosiaal-Demokrate. Ander belangrike jonger partye is die Groenpartye en, veral in Vlaandere, die nasionaliste en verregse partye. Politiek word beïnvloed deur drukgroepe, soos vakunies en sakebelange in die vorm van die Verbond van Belgiese Ondernemings (Frans: Fédération des Entreprises de Belgique; Nederlands: Verbond van Belgische Ondernemingen).

In 1999 het die eerste minister Guy Verhofstadt van die VLD 'n ses-party Liberaal-Sosiaal-Demokrate-Groen koalisie, baie keer "die reënboog-regering" genoem. Dit was die eerste regering sonder die Christen-Demokrate sedert 1958. Belgium's "rainbow" coalition sworn in, BBC News, 12 Julie 1999 In die 2003-verkiesings het Verhofstadt 'n tweede termyn in die amp gewen en 'n Liberaal-Sosiaal-Demokrate koalisie van vier partye gelei. Composition of the Chamber of Representatives, on the official homepage of the Chamber