Die bontvisvanger (Ceryle rudis) is 'n algemene standvoël en visvanger wat wyd verspreid is in Afrika suid van die Sahara en suidelike Asië vanaf Turkye tot China.
Identifikasie Dit is 'n groot visvanger, 28–29 cm in lengte, maar kleiner as die reusevisvanger, met 'n uitsluitlike swart-en-wit veredrag. Die geslagte verskil van kleurpatrone. As hy visvang, fladderhang hy gewoonlik oor die water en duik dan af om sy prooi te vang.
Habitat Hou in pare of klein familiegroepies by binnelandse riviere, mere, strome, damme en by strandmere, riviermondings en rotspoele langs die kus.
Geluid Uiter 'n hoë gekwetter; twee of meer voëls roep dikwels tegelyk.
Ander name Engelse naam: Pied Kingfisher Wetenskaplike naam: Ceryle rudis
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Visvangers