duimnael|regs|250px|Standaard skaakstukke. Vlnr: koning, toring, dame, pion, ruiter en loper.

Skaak (Persies: شاه, šāh, van schah, "koning" – dus die "koninklike spel") is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in Suid-Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle van Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspelle ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos en in toernooie gespeel.

Skaak word op 'n vierkantige bord gespeel wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 individuele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings of kastele, twee lopers of biskoppe, twee ruiters, een dame of koningin (o) en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure (tradisioneel wit en swart). Die doel van die spel is om die teenstander se koning in skaakmat te plaas.

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken.Recognition of the International Federations by www.olympic.org. Die eerste amptelike wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Gukesh Dommaraju van Indië. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en ontwikkel.

Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword wat 'n heersende skaakkampioen verslaan het toe dit teen Garri Kasparof gespeel het.Daar word in skaak onderskeid gemaak tussen 'n "spel" en 'n "wedstryd": 'n wedstryd bestaan uit meerdere spelle. Deep Blue het reeds in 1996 'n spel teen Kasparof gewen, maar het die wedstryd verloor.

Die woord "skaak" kom van die Persiese woord sjah, wat "koning" beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken "hulpeloos".

Reëls Aanvangsposisie duimnael|250px|Posisies van die stukke aan die begin van 'n spel

Skaak word op 'n vierkantige bord met agt rye (aangedui met die getalle 1 tot 8) en agt kolomme (aangedui met die letters a tot h) blokkies gespeel. Die agt horisontale rye word elkeen 'n gelid (meervoud "geledere") genoem, die vertikale rye staan as "lyne" bekend. Die kleure van die 64 blokkies wissel mekaar af en word na verwys as "ligte blokkies" en "donker blokkies". 'n Skuins ry wat vorm wanneer die hoeke van eenderskleurige blokkies aanmekaar grens, word "diagonale" genoem.Basiese Bewegings en Reëls van Skaak, verkorte weergawe van die basiese en mees algemene elemente van die Wêreldskaakfederasie (FIDE) se amptelike skaakreëls – in Afrikaans vertaal deur www.skaakmat.co.za

'n Skaakbord word so geplaas dat die blokkie wat regs onder (en die naaste aan die speler) is, 'n ligte blokkie is. Die stukke word op die bord geplaas soos in diagram 1, met elke koningin op haar eie kleur.

Die stukke word volgens konvensie in wit en swart stelle verdeel. Elke speler begin met sestien stukke van die gespesifiseerde kleur. Die stukke bestaan uit een koning, een koningin, twee lopers, twee torings, twee ruiters en agt pionne.

Wit skuif altyd eerste. Die spelers maak beurte om een stuk op 'n slag te skuif (uitgesonder tydens rokering (ook rokade) wanneer twee stukke op 'n slag geskuif word). Stukke beweeg óf na 'n oop blokkie, óf een wat deur 'n teenstander se stuk beset word. Indien 'n stuk skuif na 'n blokkie waar daar reeds 'n stuk van die teenstander staan, word die teenstander se stuk buitgemaak. Buitgemaakte stukke word uit die spel verwyder. Met die enkele uitsondering van en passant, maak alle stukke die teenstander se stuk buit deur na die blokkie te skuif wat deur die teenstander se stuk beset word. 'n Stuk bedreig 'n teenstander se stuk indien een van die teenstander se stukke 'n blokkie beset waarheen die eerste speler se stuk sou mag beweeg.

Wanneer 'n koning deur een of twee van die teenstander se stukke bedreig word, is dit in skaak. Die enigste toegelate reaksie op 'n "in skaak"-posisie, is om die stuk wat die koning in skaak plaas buit te maak, of om 'n stuk tussen die koning en die aanvaller te plaas (behalwe as die aanvaller 'n ruiter is, in welke geval dit nie gedoen kan word nie), of om deur die koning uit skaak uit te skuif. Rokering word nie toegelaat as die koning in skaak staan nie. 'n Skuif wat die speler se koning in skaak sou plaas, word nie toegelaat nie. Die doel van die spel is om die teenstander in skaakmat te plaas; dit gebeur as die teenstander se koning in skaak is en daar geen manier is om daaruit te kom nie.

Skuiwe Elke skaakstuk word op sy eie manier geskuif. Die X'e in die blokkies dui aan waar die stuk kan skuif as daar geen ander stukke (insluitend die speler se eie stukke) tussen die stuk se oorspronklike posisie en die bestemming is nie, behalwe in die geval van die ruiter wat oor ander stukke kan "spring". As die teenstander se stuk op die bestemmingblokkie staan, kan die skuif die teenstander se stuk vat. Die enigste uitsondering is die pion, wat stukke buitmaak deur diagonaal vorentoe te beweeg. Oor die algemeen word daar nie na 'n pion as "stuk" verwys nie, maar slegs "pion".

* Pionne kan slegs na die blokkies met 'n wit sirkel skuif om 'n stuk te neem en kan nie 'n stuk buitmaak tydens normale skuiwe nie.

Spesiale skuiwe Rokering regs|Kwadrante vertoon verskillende maniere waarop gerokeer kan word.

Een keer per spel mag elkeen van die twee konings 'n spesiale skuif maak wat as rokering bekend staan. Die rokering word uitgevoer deur die koning twee blokkies na die toring te skuif en dan die toring langs die koning te plaas aan die teenoorgestelde kant van sy oorspronklike posisie. 'n Speler kan slegs rokeer indien al die volgende voorwaardes geld: nie een van die stukke betrokke by die rokering mag reeds geskuif het nie; daar moet geen stukke tussen die koning en die toring wees nie; die koning mag nie in skaak wees nie en mag nie deur blokkies beweeg wat in skaak is nie. Soos tydens enige skuif word rokering nie toegelaat as dit die koning in skaak sou plaas nie; die koning en die toring moet in dieselfde gelid wees (om rokering met 'n gepromoveerde pion te verhoed).

En passant Wanneer 'n pion sy eerste skuif maak, is dit toegestaan dat hy twee blokkies vorentoe skuif (in plaas van een). Wanneer dit plaasvind en die teenstander 'n pion op sy vyfde gelid het (gelid 5 vir wit en gelid 4 vir swart) én die pion naas die pas geskuifde pion is, mag die pion geneem word asof dit slegs een blokkie geskuif het. Hierdie buitmaking mag slegs plaasvind in die beurt wat direk op die eerste pion se skuif volg. Byvoorbeeld, as die swart pion nou net twee blokkies vorentoe gekuif het van f7 na f5, dan kan die wit pion op e5 dit via en passant op f6 vat (sien Diagram 2). Neem kennis dat die speler 'n keuse mag uitvoer of hy wel die pion op die vierde gelid wil neem, al dan nie.

Promovering As 'n pion tot by die agste ry vorder, kan dit geruil word vir 'n koningin, toring, loper of ruiter van dieselfde kleur volgens die speler se voorkeur. Gewoonlik word 'n koningin gekies, maar in sommige gevalle word 'n ander stuk gekies, wat as "onderpromosie" bekend staan. In Diagram 2 kan die pion op c7 na die agste ry skuif om vir 'n stuk met 'n hoër waarde geruil te word.

Voltooiing van die spel Skaakspelle kan benewens deur skaakmat op 'n aantal verskillende maniere beëindig word. 'n Spel kan gewen word indien die teenstander verklaar dat hy oorgee.

Dit kan ook gelykop eindig indien 'n speler geen wettige skuif kan maak nie, maar die koning ook nie in skaak is nie. Dit word "pat" genoem. Die spel kan ook gelykop eindig as 'n situasie bereik word waar dit nie vir een van die spelers moontlik sou wees om die teenstander se koning met 'n reeks wettige skuiwe in skaakmat te plaas nie. Dit kan gebeur as daar nie voldoende stukke benewens die konings oorbly nie. Die spel kan ook volgens ooreenkoms tussen die spelers gelykop verklaar word. Verder kan die spel gelykop eindig as 'n identiese posisie drie keer verskyn. Laastens eindig die spel gelykop indien elke speler minstens 50 skuiwe gemaak het sonder dat 'n pion beweeg het of enige stukke buitgemaak is.

In spelle waarin tydsbeheer toegepas word, kan 'n speler ook verloor as sy tyd op is, selfs al is hy in 'n beter posisie as die teenstander. Indien dit vir die teenstander egter nie moontlik sou wees om die speler se koning in skaakmat te sit nie, eindig die spel gelykop.

In die praktyk gee spelers dikwels oor (Engels: resign) wanneer hulle sien dat hul teenstander 'n oorweldigende krag het of wanneer skaakmat onvermydelik is. Die twee spelers kan ook in enige stadium van die spel tot 'n gelykopuitslag ooreenkom. Dit gebeur gewoonlik wanneer die spelers saamstem dat een van die gelykop-situasies wat hierbo beskryf is uiteindelik bereik sal word.

Tydsbeheer duimnael|Skaakbord met 'n skaakklok Naas informele spel sonder tydsbeheer, kan skaak ook met tydsbeheer gespeel word, meestal deur klub- en professionele spelers. As 'n speler se tyd uitloop voor die spel verby is, word die spel outomaties verloor (gegee dat die teenstander genoeg stukke het om skaakmat moontlik te maak). Die toegelate tyd wissel van lang spelle wat tot sewe uur kan duur, tot korter, vinnige skaakspelle wat gewoonlik 30 minute tot 'n uur duur. Selfs korter is blitsskaak, waarin tysdbeheer van drie tot vyftien minute per speler toegelaat word, of koeëlskaak (minder as drie minute). Tyd word gewoonlik met 'n skaakklok beheer.

'n Skaakklok het 2 horlosies wat rekord hou van elke speler se denktyd. Wanneer 'n speler 'n skuif gemaak het, druk hy die knoppie wat sy horlosie stop en die teenstander se tyd laat begin loop. 'n Skaakklok het gewoonlik 'n vlaggie wat val om aan te dui dat die speler se tyd verstreke is.

Die internasionale skaakreels word breedvoeriger in die FIDE-handboek behandel.

Notasie vir die opskryf van skuiwe frame|links|Algebraïese skaaknotasie Skaakspelle en -posisies word genoteer deur middel van 'n spesiale notasie, gewoonlik algebraïese skaaknotasie.See paragraph "E. Algebraic notation" in: Algebraïese notasie beskryf skuiwe deur na die lyne (die vertikale kolomme, a tot h) en die geledere (die horisontale rye, 1 tot 8), met verwysing na die betrokke stuk se posisie op die bord. Daar is twee vorms van algebrïese notasie: 'n lang en 'n verkorte vorm.

In die lang algebraïese notasie word die begin- en eindblokkie van die betrokke stuk genoem. In die geval waar 'n ruiter van f3 (dus, lyn f, gelid 3) na g5 (lyn g, gelid 5) skuif, sal dit genoteer word as "Rf3-g5", terwyl kort notasie slegs na die eindblokkie verwys (alhoewel daar uitsonderings bestaan), dus "Rg5".

Herdersmat in algebraïese notasie(met animasie) Lêer:Scholars mate animation.gif Lang notasie Kort notasie 1. e2-e4 e7-e5 1. e4 e5 2. Dd1-h5?! Rb8-c6    2. Dh5?! Rc6 3. Lf1-c4 Rg8-f6?? 3. Lc4 Rf6?? 4. Dh5-f7# 1-0 4. Dxf7# 1-0