Die grootlangtoon (Actophilornis africanus) is 'n watervoël wat identifiseerbaar is aan hulle lang bene en groot pote, wat dit vir hulle moontlik maak om op drywende waterplante in waterleliepanne, damme of stadigvloeiende riviere te loop. Jonges het 'n swart streep deur die oë en 'n swart kroon. Dit uiter 'n "kyoum"-geluid in vlug of op die grond. Hou een-een of in verspreide groepies wat mekaar lawaaierig rondjaag; vlieg laag oor kort afstande. 'n Algemene standvoël.

Identifikasie 40 cm in lengte.

Habitat Vlak water-areas met drywende waterplante.

Verspreiding Wydverspreid in Afrika in tropiese en subtropiese gebiede. In Madagaskar word 'n naverwante spesie, die Madagaskarlangtoon aangetref. Die familie bestaan uit ses genera wat wêreldwyd in tropiese en subtropiese gebiede aangetref word.

Geluid "kyoum"

Ander name In Engels staan dit as die African jacana bekend, en in Duits as die Blaustirn-Blatthühnchen.

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Kategorie:Langtone