Die gewone tarentaal (Numida meleagris) is die bekendste van die tarentaalfamilie, Numididae. Dit is 'n waaksame voël wat in troppe rondloop en goed kan vlieg, maar hulle sal eerder weghardloop as om weg te vlieg.

Verspreiding duimnael|links|'n Trop gewone tarentale by Chudopwatergat, Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. Let op fratagtige neusklappies, digte veervlekke en sterk helmkromming by hierdie ras. duimnael|links|Die gewone tarentaal se eiers. Die tarentaal is 'n algemene jagvoël en kom wydverspreid in Afrika suid van die Sahara en Suid-Afrika voor. Hulle word tussen digte bosse vanaf die Oos-Kaap noordwaarts aangetref. 'n Verwante spesie, die kuifkoptarentaal, is 'n tropiese bewoner van KwaZulu-Natal en die Krugerwildtuin. Daar is ook populasies in die Wes-Indies en die suide van beide Frankryk en Engeland.

Tarentaalvleis is ook nou vrylik beskikbaar in Britse supermarkte en word deur Gressingham Foods versprei. Die tarentale wat nou kommersieel verkrygbaar is, word grotendeels in Engeland geteel.

Voorkoms Die amper kaal nek en plomp, wit-gespikkelde lyf op swart-grys vere is goed bekend in Suid-Afrika. Dit is 'n groot (60–68 cm) voël met 'n ronde liggaam en 'n klein kop.

Dieet Tarentale eet sade, wurms en insekte in bosagtige streke.

Ander name Van die streeksname vir die voël sluit in: bankrotvoël, kewerkonstabel, bylkop, poelpetaat, droëkopvoël en belhoender.Streek- en volksname , besoek op 18 Oktober 2014 Afrikaanse naam: Tarentaal Wetenskaplike naam: Numida meleagris Engelse naam: Helmeted guineafowl Nederlandse naam: Parelhoen Portugese naam: Galinha-d'angola

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Tarentale Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin