Die kuifkopvisvanger (Corythornis cristata) is 'n algemene standvoël van Afrika. In Engels staan dit as die malachite kingfisher bekend.

Identifikasie duimnael|links|200px|'n Jongvoël in Kenia duimnael|regs|200px|'n Jongvoël te Pilanesberg- Nasionale Park Dit is 'n klein visvanger, 13 tot 14 cm in lengte. Die kleur van die boonste gedeelte is 'n helder glansende blou. Die kop het 'n kort kuif soos 'n mussie bestaande uit swart en turkoois vere met 'n lang, reguit rooi bek. Jonges het swart snawels en is valer van kleur.

Habitat Kom een-een voor by stadigbewegende water van riviere en damme met oewerplantegroei, en sit laag op riete, takkies of rotse vanwaar dit visvang.

Verspreiding Wydverspreid in Afrika suid van die Sahara met uitsluiting van groot dele van die Noord-Kaap, Botswana en Namibië.

Geluid Uiter 'n skril "pieep-pieep" as dit opgejaag word. Die broeisang is "li-cha-cha-chui-chui".

Subspesies A. c. christata A. c. galerita A. c. robertsi A. c. stuartkeithi

Ander name Engelse naam: Malachite kingfisher Wetenskaplike naam: Alcedo cristata

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Kategorie:Visvangers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin