Hierdie artikel handel oor die Kanadese stad. Vir die gelyknamige dorpe en kastele, sien Montreal (dubbelsinnig). Ville de Montréal 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter|raam Land  Provinsie 23px Quebec Koördinate  Gestig op 18 Mei 1642 Inkorporasie 1832 Oppervlakte:    - Totaal 365,65 vk km  Hoogte bo seevlak 6–233 m (Mont Royal) Bevolking:    - Totaal (2016) 1 704 694  - Bevolkingsdigtheid 4 662/vk km  - Metropolitaanse gebied 4 098 927 Tydsone UTC -5 (OST)  - Somertyd UTC -4 (ODT) Klimaat    - Tipe Kontinentale klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,8 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie -9,7 / 21,2 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 784,9 mm Burgemeester Valérie Plante Amptelike Webwerf montreal.qc.ca

Montreal (Montréal in Frans; Standaardfrans: [mɔ̃ʀeˈal], Kanadese Frans: [mɒ̃ʀeˈal] , Engels: [ˌmʌntɹiˈɒːl], , amptelik: Ville de Montréal) is die tweede grootste stad in Kanada na Toronto en ook die grootste metropool van Quebec, Kanada se Franssprekende provinsie in die ooste van die land, met 'n uitgestrekte metropolitaanse gebied waar sowat die helfte van die provinsiale bevolking saamgetrek is. Sowat anderhalf eeue lank was Montreal die ekonomiese spilpunt en mees bevolkte stad in Kanada. Die stad, wat as die grootste Franssprekende metropool buite Frankryk beskou word, is daarnaas een van die kulturele spilpunte van Franssprekende Noord-Amerika. Volgens die sensus van 2005 is meer as 70 persent van die bewoners van Montrealeiland Franssprekendes. Die grootste minderhede is onlangse immigrante (dikwels Néo-Canadiens genoem, 23 persent) en Engelssprekendes (sowat tien persent).

duimnael|links|'n Lugaansig van Montreal. Die foto is in 2016 geneem tydens 'n vlug van Montreal na Parys duimnael|links|Montreal is naas New York Stad en Los Angeles een van Noord-Amerika se voorste modemetropole met elegante winkelstrate: La Baie-afdelingswinkel in die middestad duimnael|links|Montreal – stad van feeste: Die Betowering van Lanterne-fees in Montreal se botaniese tuin duimnael|links|Vuurwerkvertoning oor die ou hawe. Montreal is die gasheerstad van die wêreld se grootste vuurwerkfees en -kompetisie, die International des Feux Loto-Québec, wat jaarliks gedurende die somer gehou word duimnael|links|Leonard Cohen (1934–2016), een van die stad se bekendste boorlinge, word sedert 2017 met 'n reuse muurskildery vereer Vandag is Montreal, wat in die suidweste van Quebec op eilande in die Sint-Laurensrivier – waarvan die Île de Montréal of Montrealeiland by verre die grootste is – en by die samevloeiing van die Sint Laurens- en Ottawa-riviere geleë is, naas Toronto die belangrikste nywerheidstad, handel- en vervoerspilpunt en finansiële metropool in Kanada met 'n bevolking van 1,7 miljoen binne sy stadsgrense en meer as vier miljoen in sy metropolitaanse gebied. Montreal, wat oos van die Groot Mere en 1 600 kilometer landinwaarts van die Atlantiese Oseaan in die weste geleë is, is die belangrikste hawe aan die Sint Laurensrivier en -waterweg asook een van die grootstes in Noord-Amerika.

Die huidige stadsgebied beslaan met 365,65 km² sowat drie vyfdes van die totale oppervlakte van Montrealeiland, die grootste van altesaam 234 eilande in die Hochelaga-argipel, een van drie eilandgroepe naby die samevloeiing van die Sint-Laurens- en Ottawa- (Frans: Outaouais-)riviere. Die stad het rondom Mont Royal ("die Koninklike Berg") gegroei – 'n berg met drie pieke op 'n hoogte van 233 meter bo seevlak, waarby Engelssprekende kwartiere tradisioneel in die weste en Franssprekende buurte in die ooste van Montrealeiland geleë is. Eweneens op Montreal- en ander eilande asook langs die oewers van die Sint-Laurensrivier is 'n aantal nedersettings geleë wat deel uitmaak van die metropolitaanse gebied met 'n oppervlakte van 4 259 km².

Teen die einde van die 17de eeu het Montreal se agterland feitlik tot by die Rotsgebergte (Frans: Les Rocheuses, Engels: Rocky Mountains), verby die Groot Mere en tot by die mond van die Mississippirivier gestrek toe voyageurs (Franse pelshandelaars en ontdekkers) hul togte dwarsoor Noord-Amerika vanuit Montreal onderneem het. Die voyageur Daumont de Saint-Lusson het die Groot Mere, Louis Joliet die Mississippirivier en Charles Albanel en Paul Denys die Baie d´Hudson (Hudsonbaai) ontdek.

Die vestiging van Engelse en Skotse handelaars, maar ook duisende Ierse immigrante, het tot 'n vinnige groei gelei wat van Montreal in die 19de eeu die belangrikste nywerheids- en handelsentrum van Kanada gemaak het. Teen die einde van die 19de en begin van die 20ste eeu het grootskaalse immigrasie die stad se karakter verander.

Montreal het internasionale bekendheid verwerf met die wêreldtentoonstelling Expo '67 en die Olimpiese Somerspele 1976. Die stad is ook die setel van die International Civil Aviation Organization (ICAO), 'n gespesialiseerde agentskap binne die Verenigde Nasies (VN) wat die ontwikkeling en bedryf van die burgerlugvaart, lughawens, lugvaartroetes en lugvaartveiligheid beheer, en die International Air Transport Association (IATA). Daarnaas het ook die Canadian Space Agency / Agence spatiale canadienne (CSA/ASC) sy hoofkwartier in Longueuil, 'n voorstad suidoos van Montreal.

Montrealers – of Montréalais soos hulle in Frans genoem word – gebruik dikwels die bynaam "La Belle" – "Die Skone" vir hulle stad wat as Noord-Amerikaanse metropool steeds sy Europese karakter handhaaf en jaarliks sowat tien miljoen toeriste ontvang.

Etimologie duimnael|links|'n 1556-kaart van dieVenesiaanse geograaf Ramusio, gegrond op berigte deur Jacques Cartier duimnael|'n Kaart van die Île de Montréal deur Jacques-Nicolas Bellin in 1744 met die oorspronklike stadsnaam Ville-Marie In die Ojibwe-taal word die gebied Mooniyaang genoem en dit was "die eerste oornagplek" in die Ojibwe se migrasieverhaal soos genoem in die profesie van sewe vure.

In die Mohawk-taal word die gebied Tiohtià:ke genoem. Dit is 'n afkorting van Teionihtiohtiá:kon wat rofweg vertaal kan word as "waar die groep se paaie verdeel/geskei het."

Franse setlaars van La Flèche in die Loirevallei het hulle stad met sy stigting in 1642 na die Maagd Maria Ville Marie ("Stad van Maria") genoem. Dié naam is geleidelik deur Montréal vervang en het aan die begin van die 18de eeu in onbruik verval.

Oor die algemeen word vermoed dat die huidige vorm van die naam Montréal ontleen is aan Mont Royal ("die Koninklike Berg"), die heuwel met drie pieke in die hartjie van die stad. In 1535 is dié heuwel op 'n eiland in die Sint-Laurensrivier deur Jacques Cartier na koning Frans I van Frankryk genoem. Daar is verskeie verduidelikings hoe Mont Royal Montréal geword het. In die 16de-eeuse Frans was réal en royal wisselvorme, waarvolgens Montréal eenvoudig 'n variant van Mont Royal kan wees. Volgens 'n tweede verklaring het die naam sy oorsprong in 'n Italiaanse vertaling. Die Venesiaanse geograaf Giovanni Battista Ramusio het die naam Monte Real gebruik om in sy 1556-kaart van die streek na Mont Royal te verwys. Die Quebecse Toponimiekommissie verwerp egter dié teorie. In 1575 was die geskiedskrywer François de Belleforest die eerste om na die hele streek as Montréal te verwys. Ná die publikasie van 'n 1612-kaart deur Samuel de Champlain het die hele eiland die benaming verkry.

Ná die einde van die Franse heerskap in 1760 het die stad sy naam behou, maar in die Engelse spelling word die akuut min gebruik. Na die inwoners word in Engels as Montrealers verwys en in Frans as Montréalais (manlik) of Montréalaises (vroulik); die oorspronklike vorm was Montréalistes. In die Irokese tale word die stad Tiohtià:ke genoem en in die Algonkin-tale Moniang. Die oorspronklike naam word vir die sentrale distrik Ville-Marie gebruik.

Geografie en stadlandskap duimnael|Die Prairies-rivier en die suidwestelike punt van Jesuseiland duimnael|Nagaansig van Montreal – foto geneem deur die Nasa-ruimtestasie Die huidige stadsgebied met 'n totale oppervlak van 495 km² behels die hele Montrealeiland asook 'n aantal kleiner eilande in sy omgewing. Mont Royal, 'n klein bergpiek van vulkaniese oorsprong, is die uitloper van 'n groter kompleks wat sowat 350 miljoen jaar gelede ontstaan het. Dit verrys noord van Montreal se middestad en oorheers met 'n hoogte van sowat 200 m bo seevlak die stadlandskap. 'n Park – die Parc du Mont-Royal – en twee begraafplase is op sy hoofpiek aangelê. 'n Terras in die park – die Belvédère du Chalet – bied 'n uitsig oor die stad, die rivier en tot by die Adirondack-gebergte in die Verenigde State. Die terrasse langs sy hellings het van oudsher die vorming van nedersettingspatrone in Montreal beïnvloed. Nadat 'n vroeë eerste nedersetting 'n tyd lank by die Pointe-à-Callière bestaan het, het die stadstigter Maisonneuve dit na 'n hoër geleë terrein verder af van die rivier naby die huidige Place d'Armes verskuif. Hier sou Vieux ("Ou") Montréal ontstaan. duimnael|links|350px|'n Panoramiese uitsig oor die middestad (links) en Mont Royal (regs) 'n Tweede kenmerk van die stadlandskap is die groot aantal parke wat orals op die eiland langs rivierlope en die Lachine-kanaal aangelê is. Die oorspronklike Franse nedersetting het min spore gelaat, met 'n tiental uitsonderings soos die Seminarie wat uit 1685 dateer en die Ramezay-kasteel (Château Ramezay, 1705). Die meeste ouer geboue, wat bewaar is, het eers in die 19de eeu ontstaan. Baie ander moes plek maak vir winkels, stoorhuise en kantoorgeboue.

Terwyl die historiese middestad met Notre Dame- en St. Jacques-straat as sy hoofare ontwikkel het, het vanaf die 1960's 'n nuwe sakekern met wolkekrabbers langs René-Lévesque Boulevard (tot en met 1987 Dorchester Boulevard) ontstaan. Die bekendste gebouekompleks in dié buurt is die kruisvormige Place Ville-Marie met 45 verdiepings wat in 1962 ingewy is. Die proses van stadsvernuwing het net soos in ander metropole gepaard gegaan met sosiale verskuiwings. So is tradisionele woonbuurte van laerinkomste-groepe gesloop en duisende bewoners na ander stadsdele verskuif, terwyl talle geboue van historiese waarde verlore gegaan het.

Die digbeboude woongebiede rondom die nuwe sakekern dateer uit die vroeë 20ste eeu. Hier het hoofsaaklik dubbel- of drieverdieping-terrashuise met hul kenmerkende buitetrappe ontstaan. Die woonkwartiere van welvarende Montrealers, soos Westmount en Outremont, het teen die hoër geleë hellings van Mont Royal uitgebrei, met talle parke, statige herehuise en elegante openbare geboue.

Nuwe distrikte teen die stadsrand soos Ahuntsic aan die Rivière des Prairies het kort ná die Tweede Wêreldoorlog ontstaan en word deur 'n laer bevolkingsdigtheid gekenmerk, net soos die uitgestrekte voorstede wat vanaf die laat 1950's uitgebrei het. Hulle word oorheers deur enkelgesinshuise volgens die Noord-Amerikaanse styl en is hoofsaaklik in die uiterste weste en ooste van Montrealeiland geleë, maar het ook na die Île Jésus (met die susterstad Laval), die noordelike rivieroewer en die uitgestrekte suidoewer (met Longueuil) uitgebrei.

Weer en klimaat duimnael|Winter in Montreal duimnael|Déneigement of sneeuverwydering duimnael|Liginstallasies vir Montreal se lang winternagte: Kunstenaars skep die indruk van 'n Kanadese koringveld met ligreflektors ter geleentheid van Montreal se Luminothérapie-fees van 2013