Die Olimpiese Somerspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1924), amptelik bekend as die Spele van die VIIIste Olimpiade, is tussen 4 Mei en 27 Julie 1924 in Parys, Frankryk, aangebied. Parys is gekies om dit aan te bied bó Amsterdam, Barcelona, Los Angeles, Praag en Rome. Dit was ná 1900 die tweede Olimpiese Somerspele wat in die Franse hoofstad plaasgevind het. In 1924 het Frankryk ook die eerste Olimpiese Winterspele aangebied, in Chamonix-Mont-Blanc in die Alpe.
Presies 100 jaar later sou Parys die Olimpiese Somerspele 2024 gaan aanbied. Een van die Olimpiese Somerspele 1924 se stadions sal na verwagting vir hierdie Olimpiese Somerspele ingespan word: Die veldhokkiewedstryde sal in die Stade Olympique Yves-du-Manoir beslis word.
Sporte 17 Olimpiese sportsoorte in 126 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 126 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
20px Baskiese pelote, Canne de combat, 20px Kanovaart, Kajakvaart, Savate en 20px Vlugbal is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Kaart van die sportplekke in Parys duimnael|Die Stade de Colombes tydens die Olimpiese Somerspele 1924 duimnael|Rugbywedstryd tussen Frankryk en die Verenigde State tydens die Olimpiese Somerspele 1924 17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1924 gebruik. In die Stade de Colombes is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938-eindstryd tussen Italië en Hongarye beslis, wat deur Italië gewen is. StadionSporteKapasiteit Château de Bagatelle Polo 598 Bassin d'Argenteuil Roei 2 216 Camp de Châlons Skyfskiet (600 m vrye geweer individueel en span) 395 Fontainebleau Moderne vyfkamp (perdry) Nie gelys nie Hippodrome d'Auteuil Ruitersport 8 922 Issy-les-Moulineaux Skyfskiet (lokvalskiet, insluitende spanwedstryd) 41 Le Havre Seilvaart 541 Stade Olympique de Reims Skietsport (lokvalskiet, hardloopteiken) 420 Le Stand de Tir de Versailles Moderne vyfkamp (skietsport), Skietsport (25 m vinnige vuurpistool, lopende takbokke) 82 Meulan-en-Yvelines Seilvaart 389 Piscine des Tourelles Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 8 023 Saint-Cloud Polo 7 836 Stade Bergeyre Sokker 10 455 Stade de Colombes Atletiek, Fietsry (pad), Ruitersport, Skermsport, Sokker (eindstryd), Gimnastiek, Moderne vyfkamp (skermsport, hardloop), Rugby, Tennis 60 000 Stade de Paris Sokker 5 145 Stade Pershing Sokker 8 110 Vélodrome d'hiver Boks, Skermsport, Gewigoptel, Stoei 10 884 Vélodrome de Vincennes Fietsry (baan) 12 750
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1924:
Gasheerstad Parys Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
het ook aan die openingseremonie deelgeneem, maar die vier atlete (almal tennisspelers) het aan die spele onttrek.
Suid-Afrikaanse deelname
duimnael|Die Suid-Afrikaner William Alexander Smith wen goud in die kapokgewig William Alexander Smith wen goud in boks in die kapokgewig-afdeling. Sid Atkinson wen silwer in die 110 m hekkies en Cecil McMaster wen brons in die 10 000 m stap.
Hoogtepunte Die "Vlieënde Finne" domineer die langafstande. Paavo Nurmi wen die 1 500 m en 5 000 m (vind plaas slegs een uur uitmekaar) en die landloopwedren (gehou in uitermatige warm weer).
Getal medaljes duimnael|Voorkant van die Olimpiese Somerspele 1924 se goudmedalje duimnael|Agterkant van die Olimpiese Somerspele 1924 se goudmedalje Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 299 45 27 27 99 2 (FIN) 90 14 13 10 37 3 (FRA) 401 13 15 10 38 4 (GBR) 239 9 13 12 34 5 (ITA) 200 8 3 5 16 6 (SUI) 75 7 8 10 25 7 (NOR) 62 5 2 3 10 8 (SWE) 108 4 13 12 29 9 (NED) 153 4 1 5 10 10 (BEL) 172 3 7 3 13 18 (RSA) 30 1 1 1 3
Sien ook Olimpiese Somerspele 1900 in Parys Olimpiese Winterspele 1924 in Chamonix-Mont-Blanc Olimpiese Winterspele 1968 in Grenoble Olimpiese Winterspele 1992 in Albertville Olimpiese Somerspele 2024 in Parys
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Paris 1924 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1924 Olympics 1924 to 1940
Kategorie:Geskiedenis van Frankryk 1924 Kategorie:Olimpiese Spele in Frankryk Kategorie:Sport in 1924 Kategorie:Sport in Parys