duimnael|links|Al Capone op 17 Junie 1931. Alphonse Gabriel Capone (17 Januarie 1899 – 25 Januarie 1947) was 'n berugte Amerikaanse bendeleier in die 1920's en 1930's, alhoewel daar klaarblyklik "tweedehandse meubelhandelaar" op sy visitekaartjie gestaan het. Vanweë ’n litteken op sy wang was hy ook as Scarface bekend.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Alphonse Capone is in Brooklyn (New York Stad) gebore, waar hy in kleindiefstal betrokke was en waar hy ook 'n snywond opgedoen het (vandaar sy bynaam). Hy het gedurende sy opgang in die kriminele wêreld na Chicago verhuis, waar hy bekend geword het as die stigter van die Chicago Outfit, 'n familie in die Amerikaanse Mafia.Gus Russo. The Outfit: The Role of Chicago's Underworld in the Shaping of Modern America, Bloomsbury VSA, 2002.
Hy is veral bekend vir sy aandeel in die 'St Valentine's Day Massacre' in Chicago, waar sewe lede van 'n ander bende koelbloedig op 14 Februarie 1929 geskiet is.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse mafiosi Kategorie:Amerikaanse moordenaars Kategorie:Geboortes in 1899 Kategorie:Sterftes in 1947 Kategorie:Alcatraz-eiland Kategorie:Bendes