duimnael|links|Die vlag van al-Kaïda in Irak duimnael|links|Joernalis voer 'n onderhoud met Osama bin Laden duimnael|links|Lande waar al-Kaïda aktief is al-Kaïda (القاعدة in Arabies, letterlik vertaal, "die basis"), is 'n Moslem fundamentalistiese paramilitêre beweging wat deur baie as 'n terroriste-organisasie gesien word.The dynamics of political crime, Jeffrey Ian Ross, SAGE, 2003, . al-Kaïda is merendeels as 'n netwerk, of 'n staatlose weermag, eerder as 'n organisasie bedrywig. Hoewel hulle self ook terreuraanvalle loods, verleen hulle dienste (soos logistieke ondersteuning en opleiding) aan ander terreurorganisaties.
al-Kaïda is tussen Augustus 1988 en laat 1989 deur Osama bin Laden in Pesjawar, Pakistan gestig.Bergen, Peter 2006. The Osama bin Laden I Know: an oral history of al Qaeda's leader. 2nd ed, New York: Free Press. Die organisasie se oorsprong kan na die Sowjet-oorlog in Afganistan teruggespoor word. Nadat Rusland sy soldate uit Afganistan onttrek het, het al-Kaïda met terreuraanvalle op Westerse lande begin. As radikale Soenni-Moslem-beweging beywer hulle hulself vir 'n globale Djihad.
Van hulle doelwitte is om buitelandse inmenging in Moslem-lande te stop en om 'n nuwe Islamitiese kalifaat daar te stel. Volgens mediaberigte is al-Kaïda van mening dat daar 'n Christen-Joodse-sameswering teen Islam isFu'ad Husayn `Al-Zarqawi … "The Second Generation of al-Qa’ida, Part Fourteen," Al-Quds al-Arabi, 13 Julie 2005 (grootliks gebaseer op die verhouding tussen Israel en die Verenigde State), en dat die dood van onskuldige bystanders en burgerlikes in 'n Djihad geregverdig is.
Lede van die organisasie het al verskeie terreurdade uitgevoer. Meeste hiervan was teen die Verenigde State en ander liberale lande gemik. Van die bekendste hiervan is die aanvalle op 11 September 2001 in onder andere New York Stad, bomontploffings by VSA-ambassades in Kenia en Tanzanië in 1998, en die aanval op die Amerikaanse skip, die USS Cole in 2000.Wright, Lawrence (2006). The looming tower: al-Qaeda and the road to 9/11. New York: Knopf.
Die Amerikaanse regering het 'n "oorlog teen terreur" verklaar en soldate na Afganistan gestuur om al-Kaïda se opleidingskampe te verwoes en hul leiers te vang of dood te maak. Bin Laden is op 2 Mei 2011 tydens 'n geheime operasie in Pakistan doodgeskiet.
Na raming het die organisasie 500 tot 1000 agente in Afganistan en ongeveer 5000 wêreldwyd. Die getalle kan egter nie bevestig word nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Islamitiese groepe Kategorie:Terrorisme