Die mfoeti (Brachystegia boehmii) – ook bekend as die Prins-van-Wallis-vere – is 'n middelgroot tot groot bladwisselende boom wat 'n belangrike en dominante komponent van miombo-boomveld uitmaak. Die spesienaam gedenk die 19de eeuse natuurkundige Richard Böhm,Umberto Quattrocchi, "CRC World Dictionary of Medicinal and Poisonous Plants" en die tipeligging is in Tabora-distrik van Tanzanië. In Shona staan dit as die mfuti of mupfuti bekend, en in ander inheemse tale as die mubomba (Kaonde, Lamba en Loenda), musamba (Bemba, Kaonde, Lendje en Loenda) of muwombo (Bemba, Loenda, Nianja en Tonga, in Zambië).

Verspreiding Dit is inheems aan die sentrale en noordelike deel van Zimbabwe, die noorde van Botswana asook Angola, Burundi, DR Kongo, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Dit word tipies in oop boomveld van 900 tot 1600 meter bo seevlak aangetref.

Groeivorm en kenmerke Dit word tipies van 5 tot 15 meter hoog, maar onder gunstige omstandighede kan dit 25 meter bereik. Dit het 'n plat, spreidende kroon. Die jong blare is helderrooi, pienk of koperkleurig, en dié ontwikkel binne die groot, bruin tot karmosynrooi, afwaarts-groeiende steunblare. Volwasse blare is tot 35 cm lank, dofgroen, veeragtig (saamgestel uit 15 tot 30 pinna-pare) en neerhangend. Die pinnas oorvleuel effe en staan soos blindings teen 'n hoek met die blaarvlak. Die groenerige blomme is klein en onopvallend, maar geurig om insekbestuiwers te lok.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne

Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika boehmii Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe