Die bergbrachystegia (Brachystegia tamarindoides) is 'n spreiende boom met 'n platterige kroon, wat inheems is aan Zimbabwe, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Zambië, Malawi, Mosambiek en Angola. Die boom word regdeur Zimbabwe op dagsome aangetref, dikwels in klein stande, of waar daar andersins geskikte omgewingstoestande voorkom. Die boom se bas skilfer af wat kenmerkende geel kolle blootlê.

Infraspesies Die spesie het drie infraspesies: Brachystegia tamarindoides subsp. microphylla (Harms) Chikuni Brachystegia tamarindoides subsp. tamarindoides Brachystegia tamarindoides subsp. torrei (Hoyle) Chikuni

Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika tamarindoides Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe