duimnael|180px|Nartjie duimnael|180px|Nartjies aan 'n lewende boom Die nartjie (Citrus tangerina) is 'n oranjekleurige sitrusvrug wat nou verwant is aan die mandaryn (Citrus reticulata). Taksonomies, kan dit as 'n subspesie of variant van Citrus reticulata beskou word. Nartjies is kleiner as gewone lemoene, en is gewoonlik makliker om te skil en in segmente te verdeel. Die smaak op die tong word as minder suur ondervind, sowel as soeter en skerper as dié van 'n lemoen.
'n Ryp nartjie is oranje van kleur, ferm tot effe sag, swaar vir sy grootte, met 'n geplaveide skil en geen diep groewe. Nartjies word gewoonlik afgeskil en met die hand geëet. Die vars vrugte word ook gebruik in slaaie, nageregte en hoofgeregte. Die skil word soms gedroog en gebruik in Sichuan-kookkuns. Vars nartjiesap asook bevrore sapkonsentraat is algemeen beskikbaar in die handel. Die aantal sade in elke segment (vrugblaar) wissel baie. Die nartjieseisoen duur vanaf herfs tot lente.
Top nartjie* produseerders (metrieke ton) 2005 2008 2011 11 306 724 8 792 483 12 482 000 1 956 9232 227 9162 117 119 1 232 5991 079 697 1 004 727 1 132 000 906 100 928 200 715 000 756 473872 251 617 037 765 100 852 562 711 460 758 105848 069 701 903 ~676 000 ~800 000 463 400 337 000 753 030 303 910 478 090 596 020 20e 137 113 139 145 148 619Wêreldtotaal 23 972 931 21 513 130 26 030 014 * Sluit in: tangariene, mandaryne, klementyne en satsumas.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Sitrus