Die onderbos (Trichocladus crinitus) is 'n boom wat 3–4 m hoog word wat 'n digte onderbos in die woud vorm. Die boom kom voor vanaf Swellendam tot noord van Durban. Die SANBI-rooilys gee dit die veilige status LC. Die boom is endemies in Suid-Afrika. Die boom het donker blare en die bas is lig.
Die plant staan ook bekend as die Kaapse Haselaar, swart-haselaar, en die swart-towerhaselaar. Die boom se FSA-nommer is 142.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Trichocladus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika