Die blinkblaarwitessenhout (Bersama lucens) is 'n middelgroot boom in woudgebiede vanaf Grahamstad tot in die Lebomboberge. Dit is inheems aan Suid-Afrika en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys Dit kom ook in Eswatini en Mosambiek voor.

Die vernaamste kenmerk is dat die 1-3 pare pinnas baie glansend, bo donkergroen en onder dofgeel met gelerige are is. Die pinnas is gaafrandig, verdik en golwend. Die vrugte is 20 mm in deursnee en gerimpel.

Die boom se FSA-nommer is 439.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bersama Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika