200px 200px London Transport Museum

Ligging

Covent Garden, Londen

Stigting

1980

Tipe

Vervoermuseum

Webtuiste ltmuseum.co.uk Die London Transport Museum, of kort LT Museum in die Londense distrik Covent Garden is daarop gemik om die Britse hoofstad se vervoererfenis te bewaar en insae te lewer in die historiese ontwikkeling van vervoermiddels. Die museum se uitstalstukke het hul oorsprong merendeels in die versamelings van London Transport, die plaaslike openbare vervoermaatskappy, maar sedert die stigting van Transport for London (TfL) - 'n sambreelliggaam en plaaslike regeringsinstelling wat die openbare vervoerstelsel van Groter Londen bestuur en koördineer - in 2000 is die museum se fokus uitgebrei om alle aspekte van vervoer in die stad te dek.

Die museum beskik oor twee persele in Londen. Die hoofgebou in Covent Garden gebruik die naam van sy moederinstelling, soms met die agtervoegsel "Covent Garden", en is daagliks oop. 'n Tweede perseel in Acton staan as die London Transport Museum Depot bekend en dien hoofsaaklik as stoorhuis wat op gewone besoekersdae dwarsdeur die jaar besigtig mag word.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Museums in Londen