Park Geun-hye (Koreaans: 박근혜, [pak‿k͈ɯn.hje]; gebore op 2 Februarie 1952 in Daegu) is 'n Suid-Koreaanse politikus wat tussen 2013 en 2017 die amp van president van Suid-Korea beklee het. Sy is die tweede dogter van Park Chung-hee, 'n voormalige president van Suid-Korea. Sy is op 19 Desember 2012 as die president van die land verkies. Op 25 Februarie 2013 word sy ingesweer en word die eerste vrou in die geskiedenis om die pos te beklee.
Sy het vanaf 1974 tot 1979 tydens haar pa se bewind as eerste dame van Suid-Korea opgetree nadat haar moeder op 15 Augustus 1974 vermoor is. Haar vader is op 26 Oktober 1979 deur 'n lid van die Koreaanse geheime diens in die Blou Huis doodgeskiet.
Park is 'n lid van die konserwatiewe Saenuri-party (Hannara-dang). Sy het van 17 Desember 2011 tot 15 Mei 2012, asook tussen 2004 tot 2006, as die voorsitter van die party gedien. Sy is as een van die invloedrykste politici in Suid-Korea beskou. Ná langdurige proteste en betogings oor beweerde korrupsie is Park Geun-hye op 10 Maart 2017 deur Suid-Korea se grondwetlike geregshof van haar amp onthef. Op 6 April 2018 is Park Geun-hye aan korrupsie skuldig bevind en tot 24 jaar tronkstraf gevonnis.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Suid-Korea Kategorie:Kriminele Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense