Okahandja (bynaam Tuindorp van Namibië) is 'n dorp in Namibië in die administratiewe afdeling Otjozondjupa. Dit was 'n vroeëre setel van die Herero's. Gedurende 1840 het dit 'n stasie van die Rynse Sendinggenootskap geword. Die B1-hoofweg gaan deur die dorp.

Geskiedenis duimnael|links|300px|Die NG kerk Okahandja. Bouwerk is in 1974 voltooi na die plan van J. Anthonie Smith. duimnael|links|300px|Die Rynse sendingkerk op Okahandja is in 1870 opgerig. Dis op 20 Desember 1975 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. 'n Duitse sendeling van die Londense Sendinggenootskap, Johann Heinrich Schmelen, was die eerste Europeër in die dorp in 1827. In 1844 is twee sendelinge permanent aan die dorp toegeken om dit te besoek, en 'n kerk dateer uit hierdie tydperk. 'n Militêre pos is in Okahandja gestig in 1894, en dit is hierdie datum wat amptelik erken word as die dorp se stigting.

Die naam "Okahandja" beteken die plek waar twee riviere inmekaar vloei om een wye een te vorm in Herero.

Maharero en sy seuns, asook Jan Jonker Afrikaner, Hosea Kutako en Clemens Kapuuo is op die dorp begrawe.

Geografie en ekonomie Okahandja se bevolking neem vinnig toe. Dit was net meer as 14 000 tydens die 2001-Bevolking- en behuisingsensus, en in 2011 het die inwonertal op 22 639 gestaan. Dis deels weens die hemelhoë eiendomspryse in die hoofstad wat daartoe lei dat mense wat in Windhoek werk, liewer op Okahandja woon en daagliks in- en uitry. Die getal pendelaars het vroeg in 2012 reeds op 600 gestaan. Okahandja 'n eiendomsparadys , Okahandja Fokus, 20 April 2012. URL besoek op 30 April 2016.

Die Von Bachdam is net buite Okahandja geleë. Dit lewer die meeste van die water aan Windhoek.

'n Opelug-kuriomark lok toeriste en die dorp dien as die administratiewe sentrum vir die Hererovolk.

Vervoer 'n Stasie is op die Trans-Namibspoorlyn gebou in 1909, wat gelei het tot verdere groei en ontwikkeling in die gebied.

Sien ook Lys van nedersettings in Namibië

Verwysings ''Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in Namibië