Die keibaakhout (Greyia flanaganii) is eerder 'n struik as 'n klein boom wat veral op die heuwels en in klipperige valleie rondom Grahamstad voorkom. Die wetenskaplike naam gedenk Henry George Flanagan (1861–1919), 'n boer en botanis van Komga in the Oos-Kaap.

Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en is op die SANBI-rooilys as seldsaam gelys. Dit kom gewoonlik as indiwidue voor, verspreid in die Oos-Kaap tussen Queenstown en Komga. Daar is minder as 10 subpopulasies bekend, maar dit word nie bedreig nie.

Die onderkant van die blare is met digte hare bedek nes die wollerige baakhout, maar die blaarbasisse is minder gelob.

Gallery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika flanaganii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika