In astrofisika en fisiese kosmologie is die massa-lig-verhouding die kwosiënt van die totale massa van 'n volume (gewoonlik op die skaal van 'n sterrestelsel) en sy liggewendheid. Dit word aangedui met die simbool Mihalas en McRae (1968), Galactic Astronomy (W.H. Freeman) of M/L. Dié verhoudings word gewoonlik gemeet aan die waarde van die Son as basis, wat ’n konstante = 5 133 kg/W is; dit is gelyk aan ’n sonmassa () gedeel deur ’n sonligsterkte (), dus /. Die massa-lig-verhoudings van sterrestelsels is almal baie groter as , gedeeltelik vanweë die feit dat die meeste materie in dié voorwerpe nie in die sterre geleë is nie, maar in die vorm van donker materie voorkom. Die tipiese massa-lig-verhouding vir sterrestelsels wissel van 2 tot 10 , terwyl die massa-lig-verhoudings op groter skaal, soos vir die waarneembare heelal, ongeveer 100  is.

Tipiese M/L-verhoudings is:Uit ‘’Starlight, Time and the New Physics’’, dr. John Hartnett

Tegnieke Radius van sterrestelsel (ligjare) M/LSigbare rotasiekurwes van spiraalsterrestelsels30 0002-5Radiorotasiekurwes van spiraalsterrestelsels30 0005-10Halo's benodig om spiraalmodelle te stabiliseer30 0004-12Elliptiese sterrestelsels vanaf interne snelheidsverstrooiing30 000 5-12Melkweg vanaf satelliet-dwergsterrestelsels30 00040-70Plaaslike Groep sterrestelsels30 00040-80Binêre spiraalsterrestelsels1,5 miljoen40-80Klein sterrestelselgroepe van snelheidverstrooiing1,5 miljoen40-90Groot groep sterrestelsels2-6 miljoen400-600

Dit dui daarop dat daar meer werklike massa is as wat bereken word uit die ligsterkte van hierdie hemelliggame. Die afwyking word tans verklaar aan die hand van donker materie. Vandag word donker materie deur die sterrekundiges gesoek.

Voorstanders van die skeppingsleer soos drr. Russell Humphreys en John Hartnett beweer egter dat hulle kosmologiese modelle (wat aanvaar dat die Melkweg naby aan die middel van die heelal is en dat die heelal begrens is) nie "knoeifaktore" in die vorm van donker materie en donker energie nodig het nie.Kyk bv Ver-sterlig-jong-aarde-probleem

Sien ook Donker materie

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is gedeeltelik vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Astrofisika Kategorie:Fisiese kosmologie