Die bergkaree (Searsia leptodictya) is 'n Suid-Afrikaanse immergroen boom wat as die "Mohlwehlwe" in Sotho en as die "Mountain karee" in Engels bekend staan.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=5522-74 Die boom se FSA-nommer is 387.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië en Zimbabwe. In Suid-Afrika is die boom inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat.

Beskrywing Die boom lyk baie soos die karee en witkaree maar die blaarrande is saagtandig. Die boom het 'n enkele, rowwe donkerbruin tot swart stam. Dit bereik 'n hoogte van 5 meter met dieselfde omtrek by die takke en bied goeie weerstand teen droogte maar slegs gedeeltelik teen ryp. Dit is 'n pragtige klein boom vir 'n klein tuin met sy ronde kroon en interessante hangeffek van sy takkies en blaarstele. Dit kan in volle son of in gedeeltelike skaduwee geplant word. Die immergroen boom dra klein wit blommetjies, wat op vroulike bome verander in bondels van klein, plat bessies 5 mm in deursnee. Die vruggies lok baie voëls wat graag die bessies vreet. Daar kan ook bier gebrou word van die bessies.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

leptodictya Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe