Die gewone kraaibessie (Searsia pentheri, voorheen Rhus pentheri) is 'n klein bosveldboom wat ook in doringveld en droë struikbos voorkom vanaf Grahamstad noordwaarts tot by die Olifantsrivier in Limpopoprovinsie. Dit kom ook voor in Eswatini en Mosambiek.

Die boom kom nooit in sandgrond voor nie. Die blare is dun, donkergroen aan die bokant en baie ligter aan die onderkant. Die boom se FSA-nommer is 391.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pentheri Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika