250px|duimnael|Der breite und der schmale Weg, ontwerp deur Charlotte Reihlen en geskilder deur Paul Beckmann. Hierdie weergawe word in 2008 verhandel en bevat teksverse uit die 1984-Luthervertaling in fraktuurskrif. Die oorspronklike alsiende oog ontbreek, maar die opelug sendingsdiens is wel 'n nuwe toevoeging. |250px|duimnael|Die bekender weergawe. 250px|duimnael|Die alsiende oog tussen die wolke is uit die jonger weergawes verwyder, moontlik weens die verbintenisse met die sekulêre vrymesselary en die Oog van Horus

Die smal en breë weg is 'n Andachtsbild (stigtelike beeld) oorspronklik ontwerp deur die Stuttgartse piëtistiese diakones Charlotte Reihlen, wat die onderskeid tussen goed en kwaad uitbeeld. Dit word dikwels as 'n verdeelde dubbelpad uitgebeeld: Die breë weg, wat deur vele gekies word, lei na die verdoemenis; die smalle na die paradys en die Nuwe Jerusalem. Sy gee die hele kunswerk die titel Der breite und der schmale Weg en laat dit druk. Dit is tot vandag toe een van die bekendste werke oor hierdie onderwerp. Charlotte Reihlen wou hiermee mense aanspoor om Jesus te volg.

Aanloop Ná die opkoms van die rasionalisme, die nuwe wetenskappe en histories-kritiese benadering van die Bybel, ontstaan daar in Duitsland die teologiese teenreaksie: die piëtisme - die innerlike belewing van die vroomheid.Sinnaghel, H. De wijde en nauwe poort in het hermeneutisch perspectief. Over de gelijkenis van de "Twee Wegen" in Matteüs 7:13-14. In: Essays on Theology and Religious Studies, pp. 128-145 In Stuttgart oorheers die piëtisme, waarin nie die geformuleerde geloofsbelydenis nie, maar die persoonlike geloofservaring voorop gestel word. Die standpunt "om te beleef is méér as om bloot te bely" kom tot uiting in die tweepad-motief waarin die individuele mens in sy lewenspad voor te staan kom - en hy moet kies.Bluyssen, J.W.M. 2002. God verborgen en nabij : religie als heilig spel. Amsterdam : Anthos p. 173-174. Die gelowige individu en sy goeie werke staan daarom sentraal: acta, non verba.

Wat presies Charlotte Reihlen tot die skepping van die kunswerk sou aanspoor, bly 'n raaisel. Dit kon selfs 'n sameloop van omstandighede gewees het.

Ds. J.J.W.A. Wijchers skryf die boek Vromen en Verlichten in 1974 (wat hy in 1985 weer sou herskryf), wat toeligting bied vir die kunsuitstalling, wat vanaf 15 Junie tot 18 Augustus 1974 gehou is by die Aarsbisschoppelijk Museum te Utrecht - en waar kunswerke van die twee eeue van die Protestantse Geloofsbelewing vanaf 1650 tot 1850 uitgebeeld is. Daarin gee hy ook 'n kort oorsig oor hierdie kunswerk, Der breite und der schmale Weg. In 1985 skryf hy Uitleg van De brede en de smalle weg, wat telkemale herdruk word.

Charlotte Reihlen (gebore Mohl) is uit 'n ou predikantegeslag in Kemnat (Schwabe) gebore. Sy trou in 1823 met die welgestelde handelaar Friedrich Reihlen en kry 'n seuntjie, wat jonk sterf. In 1826 is 'n tweede seun gebore, en daarna nog 'n derde seun. Nou skryf Wijchers dat, toe die oudste seun siek is, hoor sy eendag 'n stem hier binnekant haar, wat haar vermaan: "As jy jou nie bekeer nie, sal jou kind sterf." Met al die gerief en plesier in die wêreld wat haar man haar kon bied, ondanks haar geloof, kon sy nie so ver kom nie.

Toe die seuntjie sterf in 1829 wou Reihlen opsluit 'n nuwe weg inslaan. Haar man vind dit "dwase vroomheid", en probeer haar deur afleiding van haar probleme te vergeet. Toe dit nie werk nie, trek hy Amerika toe. Alleen - dit is sy pad wat hy gekies het. Juis daar kom hy tot inkeer toe hy die preek van 'n Duitse lekeprediker aanhoor. Hy keer terug Duitsland toe, waar hy nou Charlotte se ideale kon help verwesenlik. Saam begin man en vrou hulle te beywer vir Christelike skole, vir die sendingveld, Bybelverspreiding, vir 'n diakonessehuis en vir evangelisasie. Sy het ook verskeie kinderhuise ondersteun. Vir evangelisasiewerk is illustrasiemateriaal benodig, en so het die prent van die smal en breë weg uiteindelik die lig gesien. Hierdie verborge outobiografiese gegewens van Charlotte Reihlen is sodoende subtiel dog kunstig verweef in die kunswerk.Scholten, L.M.P. 1974. De brede en smalle weg. Trouw. 21 juni:2

Daar is egter ook 'n minder aangename weergawe.

Op 24 Julie 1866, drie weke ná die Slag van Königgrätz, is die Württembergers tydens die Oostenryks-Pruisiese oorlog (wat eers op 23 Augustus 1866 sou eindig) deur die Pruise 'n gevoelige nekslag by Tauberbischofsheim toegedien. Op 26 Julie, toe hierdie nuus rugbaar word in Stuttgart, kry Friedrich Reihlen 'n beroerteaanval wat hom sedertdien en tot en met sy dood in 1870 'n invalide gemaak het.

Die dood was nou op haar drumpel - nie alleen op die slagveld nie, maar ook in haar huis. Charlotte het met dubbele doodsangs 'n oproep op haar medemens gedoen om boetedoening en bekering: weg van hul goddeloosheid, na God toe. Sy gee die Stuttgart-litograaf Conrad Schacher (1831–1870) die opdrag om haar ontwerpe te laat druk. Haar seun Theodor help haar hiermee, veral by die voorbereiding van die boekie van agt bladsye lank - die een wat die kunswerk se betekenis uitlê en gou gratis saam met die drukeksemplare versprei word.Lang, F.G. 2014. Charlotte Reihlen: 1805–1868; Lebensweg und Zwei-Wege-Bild Stuttgart: Verein für Württembergische Kirchengeschichte, S. 68-71; 175–182. Volgens Schiedt kon die skrywer moontlik Theodor Reihlen gewees het, omdat hy duidelik by die ontstaan van die beeld betrokke was. Nietemin, die boekie heet «Erläuterung des Bildes ‹Der breite und der schmale Weg›, mit Anführung der auf dem Bilde meist nur angedeuteten Schriftstellen».

Die drukwerk begin Oor die presiese drukdatum heers daar onenigheid.

Ds. Wijchers stel die datum op 1866.

Massing (1988) het 'n Engelse afdruk gekry met 'n baie lang inskripsie, wat die Duitse herkoms erken, dat die kunswerk in 1862 deur mev. Charlotte Reihlen van Stuttgart ontwerp is en toe deur 'n jong kunstenaar Herr Schacher (ook van Stuttgart) geskilder is (dié datum word egter nié verstrek nie). Dit wil-wil strook met 'n brief [hier in Engels vertaal] wat haar seun (Adolf Reihlen) geskryf het, waarin haar seun sê omtrent 6 jaar voor haar dood (21 Januarie 1868) het die idee haar te binne geskiet om die breë en smal weg te laat maak. Massing stel die drukdatum omstreeks 1866.Massing, J.M. 1988. The Broad and Narrow Way: From German Pietists to English Open-Air Preachers. Print Quarterly V, pp. 258-267

Friedrich Gustav Lang (2014) sê die oorspronklike wit-en-swart steendrukwerk is in 1867 deur Conrad Schacher uitgegeeFriedrich Gustav Lang: Das Bild - Der breite und der schmale Weg, in: Württembergische Kirchengeschichte Online, 2022 terwyl die verklaringsboekie wat die plakkaat vergesel het in Junie 1867 uitgegee is.Friedrich Gustav Lang. 2014. Charlotte Reihlen (1805–1868). Lebensweg und Zwei-Wege-Bild. In: Kleine Schriften des Vereins für württembergische Kirchengeschichte. Stuttgart: Verein für württembergische Kirchengeschichte, S. 110.

De eerste kleurafdruk van die Stuttgartse weergawe (ook by Schacher) verskyn omstreeks 1873-1884 en die derde weergawe word in 1890/1891 deur die litograaf Paul Beckmann (1846-1919) nuut oorgeteken en by Wilhelm Menges gedruk; want ondertussen het die damesmodes ook verander. By die effens hersiene weergawe deur Paul Beckmann, kry die beeld nuwe kleure.

Reeds in 1867 verskyn die Hollandse weergawe in Amsterdam. Dit verskyn by die Ortodoks-Protestantse uitgewer H. de Hoogh te Amsterdam, op inisiatief van die Utrechtse advokaat Anthony Michiel Cornelis van Asch van Wijk (1808-1874), wat jonkheer [dus, van die kleinadel] was.Van Lieberg, M. 2012. Het vroege diakonessenwezen in Nederland (1836-1886). In: Van Lieberg, F. (red.). Opwekking van de natie: Het protestante Réveil in Nederland. Hilversum: Uitgeverij Verloren, bl. 111-168, hier spesifiek bl. 165-167 Blykbaar het ene 'Pastor Israel' van Stuttgart met enkele kopieë in Nederland aangekom en vir dié regter enetjie gegee, wat op sy beurt weer H. de Hoogh genader het - die tophandelaar van godsdiensliteratuur in Amsterdam.

Op sy tweede besoek aan Holland in 1868 sien die Engelse predikant Gawin Kirkham hierdie afdruk in die uitstalvenster by De Hoogh, by wie hy toevallig oorgebly het, koop een (met 'n verklarende boekie by), en keer daarmee terug Londen toe om in sy evangelisasiewerk te gebruik."History and Explanation of the picture "The Broad and The Narrow Way". By the late Gawin Kirkham - Secretary of the Open-Air Mission (Republished from Private Collection - © Peter N Millward): The purpose of my second visit was to preach the Gospel, which I did by interpretation, and with manifest blessing, having Robert Craig as my fellow-labourer. We were the guests of Mr. H. de Hoogh, a kind bookseller, at 76, Nieuwendijk, Amsterdam. Here we arrived on January 31st, 1868. Our host had a Dutch copy of this Picture in his shop window. Next day I saw it for the first time, and was at once attracted by it. Day by day I looked at, and tried to understand its meaning; and I brought a copy to England on my return. Friends to whom it was shown were deeply interested; and soon after, at my request, the Dutch Explanation was translated into English, by Frederick Emmighausen, a young Dutchman, residing in London, and afterwards published. 'n Engelse weergawe verskyn in 1883, waarmee Kirkham die wêreld deurkruis.

In 1921 en 1960 verskyn op Duitse bodem nog afdrukke wat effens aangepas is.

Sedert 1921 word die beeld as steendrukwerk met nege kleure deur J.F. Steinkopf gewysig en by die St. Johannes-drukkery in Lahr-Dinglingen gedruk, wat byna gelyktydig saamval met vele tale in druk (waaronder Duits, Nederlands, Engels, Spaans, Hongaars en selfs Armeens) en in twee weergawes uitgegee. Daarby word bedoel - op die een weergawe tref mens langs die Smal Weg 'n opelug sendingsdiens op die grasperk aan (soos op die Engelse weergawe), en op die ander een nie (soos by die Duitse weergawe). Die Nederlandse kopie wat in die Skeepswrakmuseum op Bredasdorp te siene is, het dit ook nie.

Sedert die vlakdrukpersweergawe van 1960 volg die Duitse plakkaat die Engelse vorm. Tot 2010 is dit die weergawe wat by die uitgewery verkrygbaar was.Friedrich Gustav Lang. 2014. Charlotte Reihlen (1805–1868). Lebensweg und Zwei-Wege-Bild. In: Kleine Schriften des Vereins für württembergische Kirchengeschichte. Stuttgart: Verein für württembergische Kirchengeschichte, S. 73–76. 79–86.

Brasilië se Portugese weergawe verskyn eers in 1929, maar herdrukke en nuwe weergawes sou gedruk word tot in die 1970's.Renders, H. 2018. 'O cartaz Os dois caminhos, de Charlotte Reihlen desde 1929.' Uma proposta de periodização da cultura visual evangélica brasileira: estabelecimento, apropriação, abrasileiramento e metamorfização glocal. Numen, 21(1):19-20.

Ds. Wijchers skat dat die prent teen omstreeks 1875 by die "rechtzinnige volksdeel" in Nederland ingang gevind het. In Wenken op den weg ten leven (1875) is daar in dieselfde jaartal 'n advertensie wat lui:Notten, J.W.A. 1875. Wenken op den Weg ten Leven. Leeuwarden: H. Bokma.

Dit, desondanks die teologiese feit dat die mens in die beeld nou self voor die keuse staan om eiehandig iets te doen as hy gered wil word (dus, geen sprake van die uitverkiesingsleer/predestinasie van die Calviniste nie; geen genadegawe van die Lutherane nie), maar mens moet onthou dat met godsdiensverdraagsaamheid in Nederland, buiten die beeldestorm 'n paar eeue tevore, die Nederlanders ook in die 1800's nie lief was vir uiterstes nie.

Omskrywing Vir 'n kunswerk wat eintlik veronderstel was om selfverklarend te wees, soos die aanvangswoorde lui, het die aanvanklike 8 bladsye van die eerste Duitse meegaande boekieSchiedt, H-U. 2016. Der breite und der schmale Weg. In: Les chemins et l'histoire / Strade e storia (1), pp. 42-44. egter meer as verdubbel met die Engelse vertaling.