Die dikbas (Lannea discolor) is 'n bladwisselende bosveldboom van middelslaggrootte wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort. Die stam is glad en grys en sy naam verwys letterlik na die dik bas wat die vaatbondels teen veldbrand beskerm.Raad oor varkore en dikbas, Beeld, 11 Maart 2005 Die boom se FSA-nommer is 362.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Die boom lyk baie soos die valsmaroela en het 'n soortgelyke verspreidingsgebied. Dit word in Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe aangetref. In Zimbabwe staan dit as gangacha bekend. Die Engelse naam is Live-long.
Die blare is saamgestel met twee tot vyf paar teenoorstaande blaartjies. Dit het 'n gryserige onderkant. Die blommetjies is klein, roomkleurig en soet gegeur op verlengde blomtakkies. Dit verskyn in die lente net voor die blare. Die vruggies is vlesig, ovaalvormig en verskyn in die laat lente en somer.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Kategorie:Lannea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe