Shaun Pollock OIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank 'n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003 en 2007, die T20I-wêreldbeker 2007, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004 en 2006 vir Suid-Afrika gespeel.

Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie. Hy doen nou vir SuperSport verslag oor Suid-Afrikaanse krieket. Shaun Pollock is in November 2021 in die IKR se Heldesaal opgeneem.

Internasionale loopbaan Begin Shaun Pollock se toetsloopbaan begin op 16 November 1995 teen Engeland op SuperSport-park in Centurion. Hy het uiteindelik in 108 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.

Kapteinskap duimnael|links|Shaun Pollock tydens oefening, 2005 Nadat Hansie Cronjé uit krieket verban is, het Pollock as kaptein in April 2000 oorgeneem. Hy is vervang ná Suid-Afrika se swak vertoning in die 2003-krieketwêreldbeker.

Alhoewel hy nie meer kaptein was nie, het hy sy plek in die span behou. Ná 'n teleurstellende toetsreeksreeks teen Australië in 2005/2006 was hy gekritiseer dat hy sy boulvermoë verloor het. Hy het die beste ekonomiese koers van enige bouler wat 300 EDI paaltjies geneem het, en hy is ook die eerste Suid-Afrikaner en slegs die tiende speler om 400 toetspaaltjies te neem. In September 2007 is hy vir die eerste keer in sy loopbaan nie gekeur vir die Suid-Afrikaanse toetsspan nie.

Hy het die meeste paaltjies vir Suid-Afrika geneem in toetse totdat Dale Steyn hom op 26 Desember 2018 verbygesteek het. Hy het 421 toetspaaltjies geneem en 3 781 toetslopies in sy 108 toetswedstryde aangeteken.

Persoonlike lewe Pollock kom uit 'n familie van hoofsaaklik Skotse afkoms. Sy oupa aan vaderskant, Andrew Pollock, wat vir Oranje-Vrystaat gespeel het, is in Edinburg gebore. Hy het by die Northwood-skool in Durban, KwaZulu-Natal, skoolgegaan. Hy is getroud met twee dogters. Sy vrou was 'n finalis in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in die vroeë 90's en het vir 'n Suid-Afrikaanse telekommunikasiemaatskappy gewerk. Hy neem geen sterk drank nie en is 'n toegewyde Christen. Pollock is 'n gegradueerde van die Universiteit van Natal met 'n baccalaureusgraad in handel.

Verwysings

Eksterne skakels

Shaun Pollock op ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense