Pieter-Steph du Toit (* 20 Augustus 1992, Kaapstad) is ’n Springbokrugbyspeler wat vir die in die Superrugbykompetisie op slot of losvoorspeler speel. Hy was deel van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023. In 2019 is hy bekroon met Wêreldrugby se 2019 Wêreldmansrugbyspeler van die Jaar-titel.
Op 9 November 2013 het hy op die ouderdom van 21 jaar sy eerste toets vir die Springbokke in Cardiff teen Wallis gespeel. Op 2 Junie 2018 is hy eenmalig as die kaptein aangewys vir die toets teen Wallis.
Eksterne skakels
Pieter-Steph du Toit by die Sharks Pieter-Steph du Toit by itsrugby.co.uk IRR-profiel
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers