Die bloubos (Diospyros lycioides) is 'n algemene en wydverspreide blomplant-spesie in die ebbehout-familie. Dit is inheems aan Afrika suidwaarts van die ewenaar. Dit is soms 'n klein boom maar kom eerder as 'n geronde, hoë struik voor. Die boom se FSA-nommer is 605.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding en habitat 180px|duimnael|links|Versonke bearing aan die blaarbosye (onder opgehewe) is kenmerkend van D. lycioides subsp. guerkei Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe.
Dit kom in die bosveld dwarsdeur 'n groot gedeelte van Suider-Afrika voor, maar is afwesig in die sentrale gedeelte van die Kalahari en Mosambiek asook van woestyn en fynbosplantegroei.
Beskrywing Die blare is 15 – 17 mm lank en is dig eindstandig gebondel. Die blaarskyf is die breedste in die derde naaste aan die blaarpunt. Die blare is dofgroen met 'n geronde punt en 'n spitslopende basis. Die vrugte is byna bolvormig met vyf blywende kelklobbe wat sterk na agter buig. Identifikasie van die boom kan moeilik wees aangesien daar 'n paar soortgelyke bloubos- en sterappel-spesies is.
Subspesies Die spesie het vier subspesies: Diospyros lycioides subsp. guerkei (Kuntze) De Winter Diospyros lycioides subsp. lycioides Diospyros lycioides subsp. nitens (Harv. ex Hiern) De Winter Diospyros lycioides subsp. sericea (Bernh.) De Winter
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
lycioides Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe