Emigrante-Tembuland is 'n historiese naam vir die gebied rondom die dorpe Xalanga, Cala, Southeyville en St. Marks in die Oos-Kaap. Dit het later met Tembuland en Bomvanaland saamgesmelt onder die naam Tembuland. 'n Groep Tembu's het in 1865 van wes van die Indwerivier daarheen verhuis.

Bibliografie Raper, P.E.: Streekname in Suid-Afrika en Suidwes. Kaapstad: Tafelberg vir die R.G.N., 1972 Naamkundereeks, nr. 1) Raper, P.E.: Dictionary Of Southern African Place Names, p.429 Theal, G. McC.: History of South Africa 1873 to 1884. Events in the Cape Colony from 1873 to 1877. Deel 10. Kaapstad: Struik, 1964.

Sien ook Lys van streeksname in Suid-Afrika

Kategorie:Streke van die Oos-Kaap