Flip van der Merwe (gebore in Potchefstroom, 3 Junie 1985) is 'n Springbokrugbyspeler wat op slot speel vir die Blou Bulle in die Curriebeker en vir die Bulls in die Superrugbyreeks. Hy het voor 2010 ook vir die Cheetahs gespeel.

Van der Merwe maak sy eerste verskyning vir die Springbokke op ouderdom 25. Dit was in 'n toets teen Frankryk op 12 Junie 2010 te Nuweland in Kaapstad.

Verwysings

Eksterne skakels

Flip van der Merwe by itsrugby.co.uk Flip van der Merwe by thebulls.co.za

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners