1 Mei is die 121ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (122ste in skrikkeljare). Daar volg nog 244 dae.

Gebeure

duimnael|2004 – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië sluit by die Europese Unie aan Jaarliks: Die Suiderkruis bereik sy hoogste punt aan die hemelruim om tien uur saans. 305 – Diocletianus en Maximianus bedank uit die diens van die Romeinse keiser. 752 – Pepyn die Korte word as die eerste koning van die Franke gekroon; waarskynlik deur Sint Bonifatius. 1045 – Pous Gregorius VI volg Pous Benedictus IX op. 1274 – Tweede konsilie van Lyon begin. 1328 – Verdrag van Edinburgh-Northampton - Engeland erken Skotland as ’n onafhanklike volk na die Oorloë van Skotse Onafhanklikheid. 1551 – Die tweede sessie van die konsilie van Trente begin. 1579 – Pous Gregorius XIII stig die Engelse seminarie in Rome. 1585 – Pous Sixtus V word gekroon deur kardinaal Ferdinando De’Medici. 1672 – Pous Pius V word salig verklaar deur Pous Clemens X. 1699 – Pierre Le Moyne d’Iberville stig die eerste Europese vesting in die Mississippirivier vallei. 1707 – Die Uniewet verbind Engeland en Skotland om saam om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm. 1714 – George I van die Huis van Hannover is verkies om die troon van die Koninkryk van Groot-Brittanje op te volg na die dood van Koningin Anna. 1753 – Publikasie van Species Plantarum deur Carolus Linnaeus, en die formele begindatum van plant-taksonomie aanvaar deur die International Code van Botanical Nomenclature. 1776 – Adam Weishaupt stig die Illuminati in Ingolstadt, Duitsland. 1786 – Openingsaand van die opera Die huwelik van Figaro deur Wolfgang Amadeus Mozart in Wene. 1790 – Die Verenigde State se eerste sensus word voltooi. 1798 – In die Slag van Rothenthurm verslaan 4 000 burgerlikes uit Schwyz onder Alois Reding 'n Franse aanvalsmag van 12 000 soldate. 1840 – Die Penny Black-posseël word verkoop in die Verenigde Koninkryk. 1851 – Die Great Exhibition open in Londen. 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Chancellorsville begin. 1869 – Die Folies-Bergere open in Parys. 1873 – Die 1873 Vienna World Fair open in Wene. 1876 – Colorado word as staat verklaar. 1884 – Proklamasie van die aandring van die agt-uur werksdag in die Verenigde State. 1886 – Die begin van die algemene staking wat uiteindelik lei tot die agt-ure werksdag in die Verenigde State. Dit word deesdae gevier as May Day of Werkersdag in die meeste industriële lande. 1883 – Buffalo Bill se eerste Wild West Show. 1893 – Die World Columbian Exposition open in Chicago (Illinois). 1894 – Japan verklaar oorlog teen China as gevolg van Korea. 1894 – Coxey se Weermag, die eerste noemenswaardige Amerikaanse protes optog, arriveer in Washington, D.C. 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: die Slag van Manilabaai en die Verenigde State Vloot verwoes die Spaanse Stille Oseaan vloot. 1901 – Die Pan American Exposition word geopen in Buffalo, New York. 1931 – Die Empire State Gebou open in New York Stad. 1940 – Die 1940 Somer Olimpiese Spele word gekanselleer. 1941 – Orson Welles se Citizen Kane premier in New York Stad. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val Tobruk aan. 1944 – Die NG gemeente Johannesburg-Wes stig af van die NG gemeente Brixton. 1948 – Die Demokratiese Republiek van Korea (Noord-Korea) word gestig, met Kim Il-sung as president. 1950 – Guam word georganiseer as ’n Verenigde State gemeenskapslid. 1954 – Taku, ’n stad in Japan, word gestig. 1956 – Die polio-entstof ontwikkel deur Jonas Salk word beskikbaar gemaak aan die publiek. 1960 – Benin verkry onafhanklikheid as Dahomey. 1960 – Francis Gary Powers, in ’n U-2 spioenasievliegtuig, word afgeskiet oor die Sowjetunie en die U-2-krisis begin. 1967 – Elvis Presley trou met Priscilla Beaulieu. 1978 – Japan se Naomi Uemura word die eerste persoon om die Noordpool alleen te bereik. 1982 – Die 1982 World’s Fair open in Knoxville, Tennessee. 1983 – Edwin El Chapo Rosario wen die WBC wêreldliggewigbokstitel deur Jose Luis Ramirez te verslaan in San Juan, en word Puerto Rico se 14de wêreld-bokskampioen. 1994 – Die Brasilaanse Formule 1-renkampioen Ayrton Senna sterf gedurende die San Marino Grand Prix. 2004 – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Pole, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en sluit met Malta en Siprus aan by die Europese Unie. 2010 – Geskeduleerde vlugte begin by die nuwe Koning Shaka Internasionale Lughawe noord van Durban. 2011 – Pous Johannes Paulus II word salig verklaar deur sy opvolger Pous Benedictus XVI. 2019 – Naruhito (Reiwa-tydperk, 令和時代) word as nuwe Tennō (keiser) van Japan ingehuldig, nadat sy vader Akihito (Heisei-tydperk, 平成時代) die vorige dag abdikeer het.

Geboortes 1218 – Rudolph I von Habsburg, Keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 1291). 1769 – Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington, Britse veldmaarskalk en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 1852). 1772 – Sir Galbraith Lowry Cole, die vyfde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1842). 1859 – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1940). 1872 – Hugo Alfvén, Sweedse violis, komponis en dirigent († 1960). 1909 – Kate Smith, Amerikaanse sangeres († 1986). 1916 – Glenn Ford, Kanadese akteur († 2006). 1923 – Joseph Heller, Amerikaanse skrywer († 1999). 1925 – Scott Carpenter, Amerikaanse ruimtevaarder († 2013). 1937 – Una Stubbs, Britse aktrise en danseres († 2021). 1950 – Rodoljub Vulović, Bosniese musikant. 1952 – Pierre van Pletzen, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur. 1958 – Patrice Talon sakeman, politikus en president van Benin. 1975 – Neil Sandilands, Suid-Afrikaanse akteur en sanger. 1978 – Gina Grad, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 408 – Arcadius, keiser van die Bisantynse Ryk (* ± 377). 1555 – Pous Marcellus II, die 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1501). 1572 – Pous Pius V, die 225ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1504). 1841 – Sir Rufane Donkin, 'n waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie en die grondlegger van Port Elizabeth (* 1772). 1904 – Antonín Dvořák, Tsjeggiese komponis (* 1841). 1945 – Joseph Goebbels, Duitse politikus (* 1897). 1945 – Hans Krebs, Duitse generaal (* 1898). 1978 – Felix du Plessis, Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein (* 1919). 1991 – Jack Cope, Suid-Afrikaanse skrywer, digter asook ’n redakteur (* 1913). 1994 – Ayrton Senna, Brasiliaanse renjaer (* 1960). 2007 – Emgee Pretorius, Afrikaanse akteur (* 1923). 2017 – Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer (* 1939). 2021 – Olympia Dukakis, Amerikaanse aktrise († 1931).

Vakansiedae Beltane, Lá Bealtaine, die eerste dag van somer in moderne Ierland deur die Kelte gevier, en nou gevier deur die Nieu-Heidense groeperings en aanhangers van die Wicca-religie. Dag van die Internasionale Solidariteit van Werkers (spesifiek in Kommunistiese lande). Meidag, Werkersdag, Loyalty Day. Lei Dag – Hawaii se vakansiedag vir die Lei. Romeinse Ryk – slegs-vrouefees ter ere van Bona Dea. Romeinse Ryk – vierde en laaste dag van die Floralia ter ere van Flora.

Kategorie:Mei