duimnael|links|Tweetalige padteken in Cottbus Neder-Sorbies of Wendies (dolnoserbšćina, dolnoserbska rěc, Duits: Niedersorbische Sprache) is 'n Wes-Slawiese taal en word deur 6 860 mense hoofsaaklik in die Neder-Lausitz-streek in die Duitse deelstaat Brandenburg gepraat. Die grootste stede in die Neder-Sorbiese taalgebied is Cottbus (Chóśebuz) en Lübbenau (Lubnjow).

Die naaste taal, wat nou aan Neder-Sorbies verwant is, is Opper-Sorbies. Die naaste verwante tale is Kasjoebies, Pools, Slowaaks en Tsjeggies.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Brandenburg Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Tale van Duitsland Kategorie:Wes-Slawiese tale