Die Kliphout (Heeria argentea) is 'n opvallende, klein krom, bonkige boom, wat op dagsome in fynbos aangetref word. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die boom kom voor van die noordelike Sederberg tot in die Hottentots-Hollandberge, net suid van Gordonsbaai. Dit staan ook as die wildenaelboom bekend. Dit is die enigste spesie in die genus en Heeria is dus 'n monotipiese takson.

Die boom se FSA-nommer is 368.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika