duimnael|links|Tweetalige padteken in Bautzen. Bo is Duits en onder is Opper-Sorbies. Opper-Sorbies (hornjoserbšćina, hornjoserbska rěč, Duits: Obersorbische Sprache) is 'n Wes-Slawiese taal en word deur 13 490 mense hoofsaaklik in die Opper-Lausitz-streek in die Duitse deelstaat Sakse gepraat. Die grootste stede in die Opper-Sorbiese taalgebied is Bautzen (Budyšin) en Görlitz (Zhorjelc).
Die naaste taal wat nou aan Opper-Sorbies verwant is, is Neder-Sorbies. Die ander verwante tale is Kasjoebies, Pools, Slowaaks en Tsjeggies.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Ernstig bedreigde tale Kategorie:Sakse Kategorie:Tale van Duitsland Kategorie:Wes-Slawiese tale