Die stinkbessievingerblaar (Vitex mombassae) is 'n klein boompie wat hoofsaaklik op Kalaharisand in die noorde van Botswana en sentrale deel van Zimbabwe voorkom. Die boom is ook inheems in Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die blare is geelgroen met prominente are en is bedek met kort hare wat die digste aan die onderkant is. Die blare kan 3-5 pinnas hê met dun blaarstele en die onderste pinnas kan klein of afwesig wees.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Vitex Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe