Die growweblaarkatsnorbosse (Rotheca myricoides) is 'n struik of klein boompie wat op klipperige plekke en ruigtes in bosveld groei, vanaf die suide van KwaZulu-Natal deur Eswatini en weswaarts tot by Mahikeng. Dit groei ook in die sentrale deel van Zimbabwe.
Die blare is eindstandig gebondel en tweemaal solank as wat hulle breed is. Hulle het 'n fluwelige bokant, wollerige onderkant en spitslopende basis wat in die blaarsteel afloop.
Fotogalery
Bron
Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe