__NOTOC__
Die rosyntjiebos (Grewia flava) is 'n struik of klein boompie wat wydverspreid in die bosveld regdeur die binneland van Suid-Afrika voorkom, behalwe die Wes- en Oos-Kaap en 'n groot deel van Zimbabwe. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini en Namibië. Soos Grewia retinervis is dit aangepas om op 'n substraat van Kalaharisand te gedy.
Beskrywing Dit word ongeveer 2 m hoog en dra geel stervormige blomme en oranje-bruin vrugte wat van Februarie af begin ryp word. Die blare is regop met drie are uit die simmetriese basis en daar is silwerige hare aan die bo- en onderkant.
Ander name Die struik staan ook as die fluweelrosyntjie(bos), wilderosyntjie, brandewynbessie of wilderosyntjie bekend. Ander inheemse name sluit in: moretla (Sotho) en brandy bush (Engels). Die boom se FSA-nommer is 459.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Grewia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe