5 November is die 309de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (310de in skrikkeljare). Daar volg nog 56 dae.

Gebeure 1439 – Die konsilie van Basel kies Amadeus VIII hertog van Savoje as Teenpous Felix V. 1466 – Giovanni Battista Cibo (later Pous Innocentius VIII) word biskop van Savona. 1511 – Franse biskoppe saam met keiser Maksimiliaan probeer om Pous Julius II af te sit. 1556 – ’n Mongoolse mag verslaan die Hindu magte onder leiding van Generaal Hemu op ’n slagveld ongeveer 80 kilometer noord van Delhi en verseker daardeur die Indiese troon vir Akbar. 1605 – Buskruitverraad: ’n Sameswering gelei deur Guy Fawkes om die Engelse Parlement op te blaas word gefnuik toe Thomas Knyvet, ’n vrederegter, Fawkes in ’n kelder onder die Parlementsgebou betrap.duimnael|links|100px|Willem van Oranje 1625 – Pous Urbanus VIII verklaar Raymond Nonnatus heilig. 1688 – Protestantse Prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader, koning Jakobus II, die laaste katolieke monarg van Engeland, af te sit. 1791 – Pous Pius VI publiseer “Ancorché antichissimo” oor die opstand in Avignon. 1837 – Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by uMgungundlovu. 1838 – Honduras onttrek vanuit die Sentraal Amerikaanse Federasie. Dit lei tot die ineenstorting van die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika. 1862 – Rooihuid-oorloë: In Minnesota word meer as 300 Santee Sioux skuldig bevind aan verkragting van en moord op blanke setlaars en word gevonnis om gehang te word. 1872 – Vroueregte: In weerwil van die wet, gaan stem die vroueregteaktivis Susan B. Anthony (sy is later met $100 beboet vir haar deelname). 1895 – George B. Selden verkry die eerste Amerikaanse patent vir ’n motorvoertuig. 1911 – Nadat Italië oorlog verklaar het teen die Ottomaanse Ryk op 29 September 1911, annekseer hy Tripoli en Cyrenaika. 1912 – Woodrow Wilson behaal ’n wegholoorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing oor die ampsdraer William Howard Taft. 1914 – Die Verenigde Koninkryk van Brittanje annekseer Siprus en verklaar saam met Frankryk oorlog teen die Ottomaanse Ryk. 1916 – Die Koningkryk van Pole word gesamentlik deur die keisers van Duitsland en Oostenryk geproklameer. 1917 – St. Tikhon van Moskou word verkies tot Patriarch van Moskou en van die Russies-Ortodokse Kerk. 1930 – Die Nobelprys vir literatuur word aan Sinclair Lewis toegeken. 1935 – Parker Brothers stel die bordspel Monopoly bekend. 1937 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler hou ’n geheime vergadering waarin hy sy planne uitlê om lewensruimte vir die Duitse mense te verkry. 1940 – Franklin D. Roosevelt wen die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste president van Amerika vir ’n derde ampstermyn. 1964 – Mariner-program: Mariner 3 word lanseer. 1968 – Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing. 1987 – Govan Mbeki word vrygelaat nadat hy 24 jaar op Robbeneiland-gevangenis deurgebring het. Hy is voorheen lewenslange tronkstraf opgelê vir hoogverraad. 1996 – Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn. 2006 – Die voormalige Irakse diktator, Saddam Hussein, word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom. 2006 – Australië klop Wes-Indië in die eindstryd van die vyfde Kampioenetrofee in Indië met agt paaltjies (D/L-metode).

Geboortes 1648 – Ibrahim, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1648). 1701 − Pietro Longhi, Venesiaanse skilder († 1785). 1854 – Paul Sabatier, Franse chemikus en Nobelpryswenner († 1941). 1885 – Will Durant, Amerikaanse historikus († 1981). 1905 – Joel McCrea, Amerikaanse akteur († 1990). 1911 – Roy Rogers, Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur († 1998). 1913 – Vivien Leigh, Britse aktrise († 1967). 1916 – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog († 1994). 1931 – Charles Margrave Taylor, Kanadese filosoof. 1931 – Ike Turner, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en vervaardiger († 2007). 1941 – Art Garfunkel, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en akteur (Simon & Garfunkel). 1941 – Elke Sommer, Duitse aktrise. 1943 – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017). 1954 – André le Roux du Toit, Afrikaanse skrywer, digter en musikant. 1959 – Bryan Adams, Kanadese akteur, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler. 1963 – Yair Lapid, Israelse politikus, joernalis, akteur, televisie-aanbieder en skrywer. 1963 – Tatum O'Neal, Amerikaanse aktrise en skryfster. 1972 – Rassie Erasmus, Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein. 1974 – Naval Ravikant, Amerikaanse entrepreneur en belegger. 1985 – Hannah Lidgett, Suid-Afrikaanse politikus en lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer. 1988 – Virat Kohli, Indiese krieketspeler.

Sterftes 1836 – Karel Hynek Mácha, Tsjeggiese digter (* 1810). 1854 – Sir George Cathcart, Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie (* 1794). 1933 – Texas Guinan, Amerikaanse aktrise en sakevrou (* 1884). 1951 – Reggie Walker, Suid-Afrikaanse atleet (* 1889). 1982 – Albert Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus (* 1899). 1985 – Elise Muller, Afrikaanse skrywer (* 1919). 1985 – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1919). 1989 – Vladimir Horowitz, Russiese pianis (* 1903). 1991 – Marthinus Philippus Prinsloo, jukskeilegende en senator (* 1905). 1994 – Dr Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator, algemene sinode van die NG Kerk (* 1928). 2010 – Jill Clayburgh, Amerikaanse aktrise (* 1944). 2012 – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika (* 1926). 2018 – Renier van Rooyen, Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores (* 1931). 2019 – Laurel Griggs, Amerikaanse kinderaktrise (* 2006).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Guy Fawkes-nag – Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland en die Kanadese provinsie Newfoundland en Labrador

Kategorie:November