Die langstertkoester (Anthus longicaudatus) is 'n nie-broeiende voël en winterbesoeker, hoofsaaklik van Mei tot Augustus en leef oop kortgrasveld en Karoobossieveld van die Noord-Kaap. Hulle kan een-een voorkom of in swerms van tot 40 groot. Die voël is 19 cm groot en weeg 33 gram. Hulle broeigebied is vermoedelik in Sentraal-Afrika. In Engels staan die voël bekend as die Long-tailed pipit.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Koesters