11 April is die 101ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (102de in skrikkeljare). Daar volg nog 264 dae in die res van die jaar.
Gebeure 627 – Paulinus, 'n Romeinse sendeling, doop koning Edwin van Diera. 672 – Pous Adeodatus volg Pous Vitalianus op. 1111 – Teenpous Silvester IV onderwerp hom aan Pous Paschalis II (of dalk 12 April). 1286 – Pous Honorius IV ekskommunikeer koning Jakobus II van Sisilië saam met die biskoppe wat hom gekroon het. 1682 – Pous Innocentius XI annuleer die vier Galliese Vryhede. 1775 – Laaste doodstraf vir toorkuns in Duitsland. 1814 – Napoleon word verban na Elba. 1888 – Die Concertgebouw in Amsterdam word geopen. 1899 – Spanje handig Puerto Rico oor aan die Verenigde State. 1909 – Die (latere) Israelse stad Tel Aviv word gestig. 1914 – Hoërskool Ermelo kom tot stand. 1921 – Eerste sportuitsending oor radio. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die Luftwaffe bombardeer Coventry, Engeland. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die VSA-magte bevry Buchenwald konsentrasiekamp. 1945 – Die Duitse stad Neumark in die Opperpalts word vir die tweede keer tydens die Tweede Wêreldoorlog deur 'n Geallieerde bomaanval vernietig. 1968 – Duitse studenteleier, Rudi Dutschke, word geskiet in Berlyn. 1970 – Apollo 13 word gelanseer. 1979 – Die bewind van die Ugandese diktator, Idi Amin, word omvergewerp. 1979 – Die Oos-Duitse ambassadeur in Uganda, Gottfried Lessing, word saam met sy vrou in Kampala vermoor. Hy was voorheen getroud met die skryfster (en Nobelpryswenner) Doris Lessing. 2001 – Die Ellispark-stadion-ramp vind plaas en 42 mense sterf.
Geboortes
146 – Septimius Severus, Romeinse keiser († 211). 1348 – Andronikos IV Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk († 1385). 1920 – Emilio Colombo, Italiaanse prokureur en politikus, 40ste Eerste Minister van Italië († 2013). 1922 – Pierre Wack, die eerste persoon om die gebruik van scenariobeplanning in die private sektor te ontwikkel († 1997). 1930 – Anton LaVey, stigter van die Kerk van Satan († 1997). 1932 – Joel Grey, Amerikaanse sanger en akteur. 1933 – Denis Goldberg 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en skrywer († 2020). 1941 – Shirley Stelfox, Engelse aktrise († 2015). 1947 – Leonard Nolens, Vlaamse digter, vertaler en skrywer. 1948 – Ernst Kotzé, Suid-Afrikaanse taalkundige, leksikograaf, akademikus en vertaler. 1950 – Bill Irwin, Amerikaanse akteur en skrywer. 1953 – Guy Verhofstadt, Eerste Minister van België. 1960 – Jeremy Clarkson, Engelse motorjoernalis en televisieaanbieder. 1961 – Vincent Gallo, Amerikaanse akteur en regisseur. 1966 – Lisa Stansfield, Engelse sangeres. 1972 – Jennifer Esposito, Amerikaanse aktrise en skrywer. 1974 – Annie Malan, Suid-Afrikaanse aktrise. 1979 – Josh Server, Amerikaanse akteur. 1980 – Keiji Tamada, Japannese sokkerspeler. 1990 – Thulani Serero, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Sterftes 678 – Pous Donus, die 78ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1034 – Romanos III Argyros, Bisantynse keiser (* 968). 1838 – Piet Uys, Voortrekkerleier (* 1797). 1838 – Dirkie Uys, kinderheld en seun van Voortrekkerleier Piet Uys (* 1823). 1987 – Primo Levi, Italiaans-Joodse chemikus, komponis en outeur (* 1919). 2007 – Kurt Vonnegut, Amerikaanse skrywer (* 1922). 2007 – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur (* 1925) 2023 – Carol Locatell, Amerikaanse aktrise (* 1940).
Vakansiedae 1993, 2004, 2015: Paasfees
Kategorie:April