24 April is die 114de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (115de in skrikkeljare). Daar volg nog 251 dae in die jaar.
Gebeure 1478 v.C. – Toetmoses III word, onder die regentskap van koningin Hatsjepsoet, gekroon tot farao van Egipte. 1184 v.C. – Die Grieke dring die stad Troje binne deur gebruik te maak van die Trojaanse perd. 858 – Pous Nicolaas I volg Pous Benedictus III op. 1061 – Halley se Komeet word gesien. 1546 – Keiser Karel V wen die slag van Muhlberg teen die Schmalkaldiese Liga. 1585 – Kardinaal Felice Peretti Montalto word verkies tot Pous Sixtus V. Pous Sixtus V volg Pous Gregorius XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1613 – Irokese en Nederlanders (Jacob Eelckens en Hendrick Christiaenssen) sluit in Nieuw-Amsterdam 'n handelsverdrag. Die Nederlanders oorhandig 'n silwer ketting en die Irokese 'n wampum. 1704 – Die eerste gereelde koerant in die Verenigde State, die Boston New-Letter, word gepubliseer. 1736 – Pous Clemens XII verklaar Pous Benedictus XI salig. 1775 – Pous Pius VI stel Leonardo Antonelli, assessor van die Inkwisisie en Bernardino de' Vecchi, dekaan van die priesters van die Apostoliese Kamer aan as kardinale. 1800 – Die VSA kongresbiblioteek word gestig. 1814 – Britse troepe verbrand Washington, DC 1817 – Huwelik van kroonprins Jozef van Saksen-Altenburg en prinses Amelie van Württemberg in Kirchheim unter Teck. 1846 – Die begin van die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog. 1854 – In Wene vind die huwelik tussen Elisabeth van Oostenryk-Hongarye en Frans Jozef I van Oostenryk plaas. 1863 – Die Keyesville-menseslagting vind plaas in Keyesville, Kalifornië, VSA. 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Spanje verklaar oorlog teen die Verenigde State. 1913 – Woolworthsgebou se openingseremonie. 1915 – Die Armeense volksmoord begin. 1916 – Die Paasopstand (Easter Uprising) in Ierland. 1925 – John Scopes verkondig Darwin se teorie van ewolusie, wat lei tot die Scopes monkey-saak. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Operation Demon, die Verenigde Koninkryk begin om Griekeland te ontruim. 1947 – Die Britse koningsgesin verlaat Suid-Afrika na 'n suksesvolle toer deur Suidelike Afrika. 1961 – As deel van die Deltaplan word die Veerse Gat ('n rivierarm in die Nederlande) gesluit. 1963 – Huwelik van Prinses Alexandra van Kent en Angus James Bruce Ogilvy by Westminster Abdy in Londen. 1961 – Die berging van die Sweedse skip Vasa. 1967 – Die Russiese ruimtevaarder Wladimir Komarof sterf aanboord Soyuz 1. 1968 – Mauritius word 'n lidstaat van die Verenigde Nasies. 1970 – Die Volksrepubliek China lanseer sy eerste satelliet. 1970 – Gambië word 'n republiek. 1975 – Die Rote Armee Fraktion verantwoordelik vir die besetting en opblaas van die Wes-Duitse ambassade in Stockholm. 1981 – Vrystelling van die eerste IBM persoonlike rekenaar. 1984 – Apple Computer onthul die Apple IIc draagbare rekenaar. 1990 – Die Hubble Ruimteteleskoop word gelanseer deur Ruimtependeltuig Discovery. 1990 – Gruinard-eiland amptelik vry verklaar van antraks na 48 jaar van kwarantyn. 1990 – Mobutu Sese Seko kondig aan dat 'n veelpartystelsel in Zaïre ingevoer gaan word. In die eerste fase word drie politieke partye toegelaat. 1993 – 'n IRL-bom ontplof in Londen se middestad. 1994 – Engeland klop die Verenigde State in die eindstryd met 38–23 en wen sodoende die tweede Vrouerugbywêreldbeker in Skotland. 1996 – In die VSA word die Antiterrorisme en effektiewe doodsvonniswet ingedien. 2005 – Kardinaal Joseph Ratzinger word as die 265de pous van die Rooms-Katolieke Kerk ingehuldig met die naam Pous Benedictus XVI.
Geboortes 1533 – Willem van Oranje, Prins van Oranje en die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs († 1584). 1822 – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar († 1886). 1876 – Erich Raeder, admiraal en bevelvoerder van die Duitse Vloot († 1960). 1880 – Gideon Sundback, Sweedse uitvinder, word geassosieer met sy werk in die ontwikkeling van die ritssluiter († 1954). 1882 – Hugh Dowding, Skotse vegvlieënier († 1970). 1908 – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur († 1963). 1909 – Bernhard Grzimek, Duitse outeur en dierebeskermer († 1987). 1930 – José Sarney, Brasiliaanse President. 1934 – Shirley MacLaine, Amerikaanse aktrise en outeur. 1936 – Jill Ireland, Britse aktrise († 1990). 1942 – Barbra Streisand, Amerikaanse sangeres en aktrise. 1945 – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike († 2020). 1953 – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser. 1960 – Robert Pape, Amerikaanse politieke wetenskaplike. 1973 – Sachin Tendulkar, Indiese krieketspeler. 1986 – Jacques Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes 1342 – Pous Benedictus XII, die 197ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Avignon Frankryk (* 1285). 1731 – Daniel Defoe, Engelse skrywer (* 1660). 1864 – Franz Wilhelm Junghuhn, Duits-Nederlandse plantkundige en geoloog (* 1809). 1890 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat (* 1831). 1891 – Helmuth von Moltke die Ouere, Pruisiese veldmaarskalk (* 1800). 1963 – Rino Corso Fougier, Italiaanse lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1894). 1965 – Louise Dresser, Amerikaanse aktrise (* 1878). 1967 – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Soyuz 1 (* 1927). 1974 – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant (* 1897). 1980 – W.E.G. Louw, Afrikaanse digter (* 1913). 1993 – Oliver Tambo, ANC-president, vryheidsvegter en politikus (* 1917). 1994 – Margot Trooger, Duitse aktrise (* 1923). 2012 – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis (* 1975). 2013 – Laurie Kay, Suid-Afrikaanse vlieënier.
Vakansiedae
Kategorie:April