duimnael duimnael|'n Stoomturbine. Sulke turbines produseer deesdae die meeste van die elektrisiteit wat verbruik word. Elektrisiteitsverbruik en lewenstandaarde is hoogs gekorreleer. Daar word geglo dat elektrifisering van die belangrikste prestasie in ingenieurswese van die 20ste eeu is. Tegnologie is die toepassing van konseptuele kennis om praktiese doelwitte te bereik, veral op 'n herhaalbare manier. Die woord tegnologie kan ook die produkte wat uit sulke pogings voortspruit, beteken,: "Die eerste pool, dié van die naturalisering van 'n nuwe dissipline binne die universiteitskurrikulum, is in 1728 deur Christian Wolff aangebied, in Hoofstuk III van die "Voorlopige diskoers" tot sy Philosophia rationalisis sive Logica.: 'Tegnologie is die wetenskap van vaardighede en werke van vaardigheid, of, as 'n mens verkies, die wetenskap van dinge wat deur die mens se arbeid gemaak word, hoofsaaklik deur die gebruik van sy hande.' insluitend beide tasbare gereedskap soos gereedskap of masjiene, en ontasbare gereedskap soos sagteware. Tegnologie speel 'n kritieke rol in wetenskap, ingenieurswese en die alledaagse lewe.

Die eenvoudigste vorm van tegnologie is die ontwikkeling en gebruik van basiese gereedskap. Die prehistoriese ontdekking van hoe om vuur te beheer en in die latere Neolitiese Revolusie het die beskikbare bronne van voedsel, en die uitvinding van die wiel gehelp om mense te laat reis in beheer te wees oor hul omgewing. Ontwikkelings in historiese tye, insluitend die drukpers, die telefoon, en die Internet, het fisiese struikelblokke tot kommunikasie verminder en mense toegelaat om vrylik op 'n wêreldwye skaal te kan kommunikeer.

Tegnologie het gehelp met die ontwikkeling van meer gevorderde ekonomieë (insluitend vandag se globale ekonomie). Baie tegnologiese prosesse produseer ongewenste byprodukte, soos besoedeling en benut natuurlike hulpbronne soms tot die nadeel van die Aarde. Innovering beïnvloed die waardes van samelewings en ontlok nuwe vrae oor die etiek van tegnologie.

Filosofiese debatte duur voort oor die gebruik van tegnologie, waar partye verskil oor of tegnologie die menslike toestand vererger of verbeter. Neo-Luddisme, anarcho-primitivisme, en soortgelyke reaksionêre bewegings kritiseer die verreikende invloed van tegnologie, met die argument dat dit nadelig vir die omgewing is en mense vervreem; voorstanders van ideologieë soos transhumanisme sien tegnologie as vooruitgang en as voordelig vir die samelewing en die menslike toestand.

Definisie en gebruik links|duimnael|Die verspreiding van die papier en die druk van die Weste, soos in hierdie drukpers, het wetenskaplikes en politici gehelp om hul idees maklik te kommunikeer, wat gelei het tot die Ouderdom van die Verligting; 'n voorbeeld van tegnologie as kulturele krag. Die gebruik van die term "tegnologie" het aansienlik verander oor die afgelope 200 jaar. Voor die 20ste eeu, was hierdie die term selde gebruik en idien wel het dit verwys na die studie van bruikbare implemente of om te verwys na tegniese onderwys, soos aangebied by die Massachusetts Instituut van Tegnologie (1861).

Die term "tegnologie" het na vore getree in die 20ste eeu tydens die Tweede Nywerheidsomwenteling. Die term se betekenis het verander in die vroeë 20ste eeu, toe die Amerikaanse sosiale wetenskaplikes begin het om die Duitse konsep van technik na tegnologie te vertaal. In Duits en ander Europese tale, is daar 'n onderskeid tussen technik en tegnologie. Teen 1930 het tegnologie verwys na die studie van industriële prosesse.

In 1937 het die Amerikaanse sosioloog Read Bain, geskryf dat tegnoloie ook gereeskap, masjiene, wapens, instrumente, klerasie, kommunikasie en vervoer insluit, aangesien daar vaardigheid betrokke is om al hierdie elemente verder te ontwikkel. Bain se definisie bly algemeen onder geleerdes vandag, veral sosiale wetenskaplikes. Wetenskaplikes en ingenieurs verkies gewoonlik om tegnologie as 'n toegepaste wetenskap te beskryf, eerder as die dinge wat mense maak en gebruik.

Tegnologie word beskou as saamgevoeging van alles in 'n popging om iets bruikbaars en van waarde te maak. Masjienerie en gereedskap word aangewend as die "probleemoplossers", dit sluit eenvoudige gereedskap woos 'n houtlepel in, tot sover as 'n ruimtetuig en virtuele tegnologie. W. Brain Arthur definieer tegnologie as 'n wyse waarin in menslike behoeftes voorsien word.

Die woord "tegnologie" kan ook gebruik word om te verwys na 'n versameling van tegnieke. In hierdie konteks is dit die huidige toestand van die mensdom se kennis van hoe om hulpbronne te kombineer om gewenste produkte, probleemoplossings te vind en om te weet hoe om in behoeftes te voorsien en te bevredig. Dit sluit tegniese vaardighede, prosesse, tegnieke, gereedskap en rou materiale in. regs|duimnael|Die uitvinding van die geïntegreerde stroombaan en die mikroverwerker (hier, 'n Intel 4004-vlokkie uit 1971) het gelei tot die moderne rekenaarrewolusie. Tegnologie kan beskou word as 'n aktiwiteit wat kultuur vorm en verander. Daarbenewens is tegnologie die toepassing van wiskunde, wetenskap en die kunste vir die voordeel van die lewe soos dit aan ons bekend is. 'n Moderne voorbeeld is die koms van kommunikasie tegnologie, wat hindernisse tot menslike interaksie verminder het. Die koms van die kuberkultuur, met sy basis van die ontwikkeling van die internet en die rekenaar. Nie al die tegnologie verbeter kultuur in 'n kreatiewe sin nie, tegnologie kan ook gebruik word om politieke onderdrukking te fasiliteer en konflik te verskerp. As 'n kulturele aktiwiteit, rig tegnologie beide die wetenskap en ingenieurswese.

Wetenskap, ingenieurswese en tegnologie duimnael|Antoine Lavoisier eksperimenteer met verbranding wat gegenereer word deur sonlig. Die onderskeid tussen wetenskap, ingenieurswese en tegnologie is nie altyd duidelik nie. Wetenskap is sistematiese kennis van die fisiese of die materiële wêreld deur waarneming en eksperimentering. Tegnologie is gewoonlik nie uitsluitlik produkte van die wetenskap nie, want dit moet ook voldoen aan aspekte soos nut, bruikbaarheid, en veiligheid.  

Ingenieurswese is die doel-georiënteerde proses van ontwerp en die maak van gereedskap en stelsels vir praktiese doeleindes. Die ontwikkeling van tegnologie strek oor baie kennisvelde, insluitende wetenskaplike ingenieurs, wiskundige, taalkundige en historiese kennis om praktiese resultate te kan bereik.

Die presiese verhoudings tussen wetenskap en tegnologie, in die besonder, is bespreek deur wetenskaplikes, geskiedkundiges, en beleidmakers in die laat 20ste eeu, want die debat kan inlig oor die befondsing van basiese en toegepaste wetenskap. In die onmiddellike nasleep van die Tweede Wêreldoorlog, byvoorbeeld, was dit algemeen beskou in die Verenigde State van Amerika as dat tegnologie eenvoudig "toegepaste wetenskap" is en om basiese wetenskap te befonds, vrugte sou afwerp op die regte tyd. 'n Uitdrukking van hierdie filosofie kan uitdruklik in Vannevar Bush se verhandeling gesien word, Science – The Endless Frontier: "Nuwe produkte, nuwe nywerhede, en meer werk vereis deurlopende toevoegings tot die kennis van die wette van die natuur ... Hierdie noodsaaklike nuwe kennis kan slegs verkry word deur navorsing van basiese wetenskap. In die laat 1960's, het dit egter uitdagend begin raak om befondsing vir spesifike wetenskaplike navorsing te kry. Dit bly 'n omstrede gedagte: dat tegnologie 'n uitvloeisel van wetenskaplike navorsing is.

Geskiedenis

Paleolities (2.5 Ma – 10 ka) regs|duimnael|'n primitiewe helikopter Die gebruik van die gereedskap wat deur die vroeë mens was deels 'n proses van ontdekking en evolusie. Vroeë mense het ontwikkel tot 'n spesie van hominiede wat reeds tweevoetig was, met 'n breinmassa van ongeveer 'n derde van die moderne mens. Die gebruik van gereedskap het relatief onverdanderd gebly in die vroeë geskiedenis van die mensdom. Ongeveer 50 000 jaar gelede, het die gebruik van gereedskap en komplekse gedrag na vore gekom. Baie argeoloë glo dat dit verband hou met die opkoms van die moderne taal.

Klipgereedskap duimnael|Handbyle van die Acheulian tydperk duimnael|'n Clovis punt, gemaak via druk afskilfering Hominiede het begin werk met behulp van primitiewe klip gereedskap miljoene jare gelede. Die vroegste klip gereedskap was bietjie meer as 'n gebreekte rots, maar ongeveer 75 000 jaar gelede, word afskilfering bewerk on fyn snyoppervlaktes te skep.

Vuur Die ontdekking en gebruik van vuur, 'n eenvoudige energiebron met baie diepgaande gebruike, was 'n keerpunt in die tegnologiese evolusie van die mensdom. Die presiese datum van die ontdekking is nie bekend nie; bewyse van gebrande bene van diere by die Wieg van die Mensdom dui daarop dat die maak van vuur plaasgevind het tussen 1.8 miljoen tot 1 miljoen jaar gelede; wetenskaplike konsensus dui daarop dat Homo erectus vuur tussen 500 en 400 ka beheer het. Vuur, aangevuur met hout en houtskool, het die vroeë mens die geleentheid gebied om kos te kook en om verteerbaarheid te verhoog, om voedingswaarde te verhoog en om 'n groter verskeidenheid kossoorte te kan eet.

Klere en skuiling Ander tegnologiese vooruitgang wat gemaak is tydens die Paleolitiese Tydperk was klere en skuiling; die beginpunt van hierdie tegnologie kon nie presies terugdateer word nie, maar dat dit 'n vooruitgang vir die mens was, is ongetwyfeld. Soos wat die Paleolitiese Tydperk gevorder het, het wonings meer gesofistikeerd en ingewikkeld geword; so vroeg as 380 vC, het die mens al tydelike hout hutte gebou. Klere van pels en velle van diere wat gejag is, het die mens gehelp om warm te bly in kouer streke; mense het begin om te migreer uit Afrika teen 200 v.C. en het ander kontinente soos Euarasië begin bewoon.

Neolitiese tot die klassieke oudheid (10 ka – 300 CE) duimnael|'n verskeidenheid van die Neolitiese artefakte, insluitende armbande, byl hoofde, beitels, en poleer gereedskap Die mens se eerste tegnologiese tree was tydens die era wat bekend staan as die Neolitiese Tydperk ("New Stone Age"). Die uitvinding van gepoleerde klip byle was 'n groot voordeel wat mense toegelaat het om van bosse uit te kap en plase te skep op groot skaal. Hierdie gebruik van gepoleerde klip byle het aansienlik toegeneem in die Neolitiese Tydperk, maar is oorspronklik gebruik in die voorafgaande Mesolitiese Tydperk, in sommige gebiede soos Ierland. Landbou kon groter bevolkings voed en die oorgang na sedentisme het gemaak dat daar 'n gelyktydig meer kinders gebore is, omdat nomadiese mense nie meer babas hoef te vervoer het nie, maar op een plek nou kon bly. Daarbenewens kon kinders bydra tot die arbeidsmag wat gelei het tot die verhoging van gewasproduksie.

Met hierdie toename in die bevolking en die beskikbaarheid van arbeid was daar 'n toename in arbeid spesialisasie. Dit het aanleiding gegee tot die verloop van die vroeë Neolitiese dorpe aan die eerste stede, soos Uruk, en die eerste beskawings, soos Sumer. Die opkoms van toenemende hiërargiese sosiale strukture en gespesialiseerde arbeid, van handel en oorlog tussen aangrensende kulture, en die behoefte om kollektiewe aksie te oorkom in die omgewing het uitdagings soos besproeiing meegebring.

Metaal gereedskap