duimnael|regs|300px|Die Mayflower in Plymouth-hawe, deur William Halsall (1882) duimnael|regs|300px|Replika van die Mayflower in die State Pier te Plymouth, Massachusetts, VSA duimnael|regs|300px|Posseël vir die skip se 300-jarige herdenking. duimnael|regs|200px|Die Mayflower-gedenkteken in Southampton
Mayflower is die naam van die skip wat pelgrims in 1620 vervoer het van Plymouth, Engeland, na Noord-Virginië (Nieu-Engeland, wat later die Verenigde State van Amerika geword het). Dit het Plymouth op 6 September verlaat. Aanvanklik is beplan om die tog in twee skepe aan te pak (die ander skip was die Speedwell), maar as gevolg van probleme het albei skepe teruggekeer, en uiteindelik het die Mayflower alleen gevaar. As gevolg van die vertraging het die setlaars eers teen die winter van dié jaar by hul bestemming aangekom. Op 5 April 1621 het die Mayflower weer van die Plymouth-kolonie in Massachusetts teruggevaar na Groot-Brittanje.
Besonderhede oor die grootte en afmetings van die skip is nie bekend nie, maar daar word geskat dat dit sowat 27 tot 34 meter (90 tot 110 voet) lank en ongeveer 7,6 meter (25 voet) breed was. Noukeurige ondersoek is gedoen vir die bou van 'n replika, die Mayflower II, wat op 22 September 1956 te water gelaat is, so na as moontlik aan die oorspronklike skip.
Die Mayflower is hoofsaaklik gebruik as vragskip vir handel tussen Engeland en ander Europese lande, hoofsaaklik Frankryk, maar ook Noorweë, Duitsland en moontlik Spanje. Tussen 1609 en 1623 was die kaptein Christopher Jones, wat in Rotherhithe gestasioneer en ook die kaptein op die Transatlantiese vaart was. Hy is na sy dood in Maart 1623 in die begraafplaas van St. Mary's Church, Rotherhithe, begrawe. Die skip is waarskynlik die jaar daarna vir skroothout opgebreek.
Passasiers van die Mayflower Pelgrims Allerton, Isaac (Londen) Mary (Norris) Allerton, vrou (Newbury, Berkshire) Bartholomew Allerton, seun Remember Allerton, dogter Mary Allerton, dogter Bradford, William (Austerfield, Yorkshire) Dorothy (May) Bradford, vrou (Wisbech, Cambridge) Brewster, William (Scrooby, Nottinghamshire) Mary Brewster, vrou Love Brewster, seun Wrestling Brewster, seun Carver, John (Doncaster, Yorkshire) Catherine (Leggett) (White) Carver, vrou (Sturton-le-Steeple) Cook, Francis (Blythe, Nottinghamshire) John Cook, seun Crackstone, John (Colchester) John Crackstone, seun Fletcher, Moses (Sandwich) Fuller, Samuel (Redenhall, Norfolk) Goodman, John Minter, Desire (Norwich) Priest, Degory (Londen) Rogers, Thomas (Londen) Joseph Rogers, seun Tilley, Edward (Londen) Ann (Cooper) Tilley, vrou Tilley, John (Londen) Joan (Hurst) (Rogers) Tilley, vrou Elizabeth Tilley, dogter Tinker, Thomas (Thurne, Norfolk) Mrs. Thomas Tinker, vrou boy Tinker, seun Turner, John (Whitechapel?) boy Turner, seun boy Turner, seun White, William (Sturton-le-Steeple) Susanna White, vrou Resolved White, seun Peregrine White, seun (gebore in Cape Cod-hawe) Winslow, Edward (Droitwich, Chester) Elizabeth (Barker) Winslow, vrou
Stigters wat deur Londense handelaars gehuur is Billington, John (Londen) Eleanor Billington, vrou John Billington, seun Francis Billington, seun Britteridge, Richard (Londen) Browne, Peter (Great Burstead, Essex) Chilton, James (Canterbury) Mev. Chilton, vrou Mary Chilton, dogter Clarke, Richard Cooper, Humility (Londen) Eaton, Francis (Bristol) Sarah Eaton, vrou Samuel Eaton, seun Fuller, Edward (Redenhall, Norfolk) Mev. Edward Fuller, vrou Samuel Fuller, seun Gardiner, Richard (Harwich, Essex) Hopkins, Stephen (Wooton-under-Edge, Gloucestershire) Elizabeth (Fisher) Hopkins, vrou Giles Hopkins, seun uit eerste huwelik Constance Hopkins, dogter uit eerste huwelik Damaris Hopkins, dogter Oceanus Hopkins, gebore op pad Margesson, Edmund Martin, Christopher (Billericay, Essex) Mary (Prower) Martin, vrou Mullins, William (Dorking, Surrey) Alice Mullins, vrou Priscilla Mullins, dogter Joseph Mullins, seun Prower, Solomon (Billericay, Essex) Rigsdale, John (Londen) Alice Rigsdale, vrou Samson, Henry (Londen) Standish, Myles (Chorley, Lancastershire) Rose Standish, vrou Warren, Richard (Londen) Wilder, Roger (Yarmouth, Norfolk) Winslow, Gilbert (Droitwich, Chester)
Mans gehuur om een jaar te bly Alden, John (Harwich, Essex) Allerton, John Ely, --?-- English, Thomas Trevore, William
Familiebediendes & jong nefies/niggies Butten, William (Austerfield, Yorkshire) Carter, Robert (Londen) Dorothy, bediende van John Carver, getroud met Francis Eaton Doty, Edward (Londen) Holbeck, William (Norwich) Hooke, John Howland, John (Huntingdon) Lancemore, John (Essex) Latham, William Leister, Edward (Kensington) More, Ellen (Shipton, Shropshire) Jasper More, broer Richard More, broer Mary More, suster Samson, Henry (Eckington, Worcestershire) Story, Elias (Londen) Thompson, Edward Wilder, Roger
Eksterne skakels
The Mayflower And Her Log ; Azel Ames, uitgawe van Project Gutenberg.
Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Skepe