30 April is die 120ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (121ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 245 dae in hierdie jaar.
Gebeure 313 – Romeinse keiser Licinius verenig die totale Oos-Romeinse Ryk onder sy heerskappy. 1344 – Pous Clemens VI maak Praag 'n aartsbisdom. 1436 – Hertog Friederich von Toggenburg sterf kinderloos. Die stryd oor sy nalatenskap gee aanleiding tot die Ou-Zürich-oorlog. 1728 – Pous Benedictus XIII stel Vincenzo Ludovico Gotti, O.P., titulêr verkose patriarg van Jerusalem en Leandro di Porzia, O.S.B.Cas., verkose biskop van Bergamo aan as kardinale. 1731 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word aartsbiskop van Bologna. 1789 – George Washington lê 'n eed af om die eerste verkose President van die Verenigde State te word. 1798 – Slag van Wollerau. Nederlaag van die troepe van Glarus teen die Franse aanvalsmag. 1803 – Louisiana Purchase: Die Verenigde State koop die Louisiana gebied by Frankryk vir $15 miljioen en vergroot die land oornag. 1812 – Die Gebied van Orleans word die 18de V.S.A. deelstaat met die naam Louisiana. 1900 – Hawaii word 'n gebied van die Verenigde State, met Sanford B. Dole as goewerneur. 1904 – Louisiana Purchase Exposition World's Fair open in St. Louis, Missouri. 1939 – Franklin D. Roosevelt is die eerste President van die Verenigde State wat op televisie verskyn. 1939 – Die 1939 New York World's Fair open. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler en Eva Braun pleeg selfmoord nadat hulle slegs vir een dag getroud was. 1947 – In Nevada word Boulderdam amptelik hernoem as die Hooverdam. 1948 – In Bogotá, Colombia word die Organisasie van Amerikaanse State gestig. 1966 – Anton LaVey stig die Kerk van Satan. 1972 – Weslander, gemeenskapskoerant van die Kaapse Weskus, word op Vredenburg gestig. 1975 – Noord-Vietnamese troepe verower Saigon en beëindig die Viëtnamoorlog. 1977 – Prof. Hennie Bingle tree af as rektor van die PU vir CHO. 1991 – 'n Tropiese sikloon tref Bangladesh en ongeveer 125 000 mense sterf. 1992 – CERN kondig aan dat die Wêreldwye web vry sal wees vir almal sonder enige koste. 1998 – NAVO lidmaatskap word vergroot ná die goedkeuring van die toelating van Tsjeggië, Hongarye en Pole. 1999 – Kambodja betree die ASEAN. 2001 – Dennis Tito, die eerste 'ruimtetoeris' vertrek op 'n Russiese vuurpyl na die Internasionale Ruimtestasie. 2013 – Nadat Beatrix ten gunste van haar oudste seun abdikeer, lê Willem-Alexander op Koninginnedag die ampseed as nuwe koning van die Nederlande af. 2019 – Akihito (Heisei-tydperk, 平成時代) abdikeer as Japannese Tennō (keiser). Hy word een dag later opgevolg deur sy seun Naruhito (Reiwa-tydperk, 令和時代).
Geboortes 1662 – Koningin Mary II van Engeland († 1694). 1777 – Carl Friedrich Gauss, Duitse wiskundige en astronoom († 1855). 1852 – Hans Bachmann, Switserse skilder († 1917). 1892 – T.J. Haarhoff, Suid-Afrikaanse skrywer († 1971). 1893 – Joachim von Ribbentrop, Duitse minister van buitelandse sake tydens die Nazi-bewind († 1946). 1900 – David Manners, Amerikaanse akteur († 1998). 1908 – Eve Arden, Amerikaanse aktrise († 1990). 1909 – Juliana, koningin van Nederland († 2004). 1916 – Claude Shannon, Amerikaanse wiskundige en kriptograaf († 2001). 1921 – Gordon Mulholland, Suid-Afrikaanse akteur († 2010). 1925 – Dot Serfontein, Afrikaanse skrywer († 2016). 1926 – Cloris Leachman, Amerikaanse aktrise († 2021). 1928 – Peter Carsten, Duitse akteur († 2012). 1930 – Félix Guattari, Franse psigiater († 1992). 1940 – Burt Young, Amerikaanse akteur (s. 2023). 1943 – Frederick Chiluba, Zambiese president († 2011). 1944 – Jill Clayburgh, Amerikaanse aktrise († 2010). 1945 – Michael J. Smith, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986). 1946 – Koning Carl XVI Gustaf van Swede. 1948 – Perry King, Amerikaanse akteur. 1953 – Elkarien Fourie, Suid-Afrikaanse vryskutjoernalis en skrywer. 1960 – Beata Poźniak, Amerikaanse aktrise. 1976 – Victor J. Glover, Amerikaanse ruimtevaarder. 1982 – Kirsten Dunst, Amerikaanse aktrise. 1986 – Dianna Agron, Amerikaanse sanger en aktrise. 1987 – Rohit Sharma, Indiese krieketspeler.
Sterftes 1632 – Sigismund III Wasa, koning van Pole en Swede (* 1566). 1642 – Dmitri Pozjarski, Russiese prins van die Rjoerik-dinastie (* 1577). 1883 – Édouard Manet, Franse impressionistiese skilder (* 1832). 1970 – Inger Stevens, Amerikaanse aktrise (* 1934). 1973 – Prof. S.P.E. Boshoff, bekroonde Afrikaanse akademikus, skrywer en taalpatriot (* 1891). 1974 – Agnes Moorehead, Amerikaanse aktrise (* 1900). 1979 – A.A. Pienaar, Afrikaanse skrywer wat onder die skuilnaam Sangiro gepubliseer het (* 1894). 1983 – George Balanchine, Russiese danser en stigter van die American Ballet (* 1904). 1994 – Roland Ratzenberger, Oostenrykse Formule-1 renjaer (* 1960). 2004 – Evelyn Mase, Nelson Mandela se eerste vrou (* 1922). 2005 – Lourens Muller, Suid-Afrikaanse politikus (* 1917). 2007 – Grégory Lemarchal, Franse sanger (* 1983). 2022 – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1946). 2025 – P.J. Bosman, Afrikaanse digter en skrywer (* 1933).
Vakansiedae
Skandinawië – die koms van lente, Walpurgisnag. Swede – geboortedag van Koning Carl XVI Gustaf. Koninkryk van die Nederlande – Koninginnedag (tot 2013). Romeinse Ryk – derde dag van die Floralia ter ere van Flora. Feesdag van Pous Pius V in die Rooms-Katolieke Kerk.
Gepubliseer Teologie 1774 – die bul Salutis Nostrae: Oor die instelling van 'n Universele Jubileum - deur Pous Clemens XIV. 1841 – Quas Vestro: Oor gemengde huwelike - deur Pous Gregorius XVI.
Kategorie:April