22 April is die 112de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (113de in skrikkeljare). Daar volg nog 253 dae in die jaar.
Gebeure 1056 – Waarneming van 'n supernova in die Kreef nebula. 1073 – Pous Gregorius VII volg Pous Alexander II op. 1121 – Teenpous Gregorius VIII word afgesit. 1418 – Die konsilie van Konstanz, waarmee die Westerse Skisma beëindig is, sluit af. 1500 – Portuguese seevaarder Pedro Alvares Cabral word die eerste Europese persoon om Brasilië te aanskou ("ontdek"). 1509 – Henry VIII bestyg die troon van Engeland na die dood van sy vader. 1529 – Verdrag van Saragossa verdeel die westelike halfrond tussen Spanje en Portugal: die verdelingslyn is 297.5 seemyl wes van die Molukke. Spanje verkry monetêre kompensasie van Portugal in ruil vir meer teritoriale gebied as wat gespesifiseer was in die vorige verdrag. 1629 – Pous Urbanus VIII verklaar André Corsini heilig. 1754 – Pous Benedictus XIV stel Antonino Sersale, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal. 1819 – Die Slag van Grahamstad vind plaas. 1836 – Texaanse Onafhanklikheidsoorlog: 'n Dag na die Slag van San Jacinto, neem magte van Texas se generaal Sam Houston die Meksikaanse generaal Antonio Lopez de Santa Anna gevange. 1864 – Die Kongres van die Verenigde State bepaal met die Coinage Act of 1864 dat die woorde "In God We Trust" op alle munte van die VSA-geldeenheid gedruk moet word. 1889 – Oklahoma land rush: President Benjamin Harrison open Oklahoma vir wit besetting. 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Die Amerikaanse Vloot begin 'n blokkade van Kubaanse hawens en die USS Nashville neem beleg van 'n Spaanse handelskip. 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Tweede Slag van Ypres - Duitse troepe gebruik gifgas by Ypres, België. 1930 – Die Verenigde Koninkryk, Japan en die Verenigde State teken die London Naval Treaty wat duikbootoorlogvoering reguleer en skeepsbou beperk. 1943 – Albert Hofmann skryf sy eerste verslag oor die hallusinogene eienskappe van LSD. 1954 – VSA-senator Joseph McCarthy begin verhore om die Amerikaanse Leër te ondersoek oor kommunisme. 1970 – Eerste Aardedag gevier. 1993 – Die Holocaust-gedenkmuseum word in Washington, D.C., VSA ingewy. 1993 – Vrystelling van Mosaic weergawe 1.0.
Geboortes 1610 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII), 241ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1691). 1724 – Immanuel Kant, Duitse filosoof († 12 Februarie 1804). 1844 – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal († 1880). 1870 (N.S.) – Wladimir Lenin, Russiese rewolusionêr, staatsleier († 1924). 1904 – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese kernfisikus, "vader van die atoombom" († 1967). 1905 – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis († 1966). 1916 – Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis († 1999). 1922 – Eghard van der Hoven, Suid-Afrikaanse akteur en hoof van Truk († 2006). 1922 – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis († 1979). 1926 – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise. († 2018). 1935 – Mac Maharaj, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en politikus van Indiese oorsprong. 1935 – Jerry Fodor, Amerikaanse filosoof († 2017). 1937 – Jack Nicholson, Amerikaanse akteur. 1950 – Peter Frampton, Britse musikant. 1952 – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise († 2009). 1957 – Donald Tusk, Poolse Christen-Demokratiese politikus, Eerste minister van Pole. 1977 – Robbie Hunter, Suid-Afrikaanse fietsryer. 1985 – Sam Altman, Amerikaanse entrepreneur, belegger en programmeerder. 1986 – Amber Heard, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1992 – Rolene Strauss, die 2014 Mejuffrou Suid-Afrika en Mej. Wêreld. 1992 – Schalk Bezuidenhout, komediant en akteur.
Sterftes 282 – Pous Maksimus van Alexandrië 15de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend). 283 – Pous Gajus, die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 536 – Pous Agapetus I, die 57ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1984 – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf (* 1902). 1988 – Irene Rich, Amerikaanse aktrise (* 1891). 1923 – D.F. du Toit, Oom Lokomotief, stigterslid van die GRA (* 1846). 1993 – Dr. Andries Treurnicht, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister, koerantredakteur en predikant (* 1921). 1994 – Richard Nixon, 37ste President van die Verenigde State (* 1913). 2000 – Margaret Singana, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1838). 2002 – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise (* 1949). 2005 – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1909).
Vakansies en Feesdae Aardedag Feesdag van Pous Soter van die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Pous Gajus van die Rooms-Katolieke Kerk in die Ortodokse Kerk is dit op 11 Augustus. Feesdag van Pous Dionisius in Frankryk en Ausburg (die res van die Rooms-Katolieke Kerk vier dit op 26 Desember). Feesdag van Pous Agapetus I in die Ortodokse Kerk. Die Rooms-Katolieke Kerk vier dit op 20 September. Feesdag van Pous Maksimus van Alexandrië in die Kopties-Ortodokse Kerke.
Kategorie:April