16 April is die 106de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (107ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 259 dae.

Gebeure 1178 v.C. – ’n Sonsverduistering dui die terugkeer aan van Odusseus, die legendariese koning van Ithaka, na sy koninkryk ná die Trojaanse Oorlog. 556 – Pous Pelagius I volg Pous Vigilius op. 1071 – Bari word oorgeneem deur Robert Guiscard, en eindig die Bisantynse heersing in Italië. 1245 – Pous Innocentius IV stuur twee missies na die Mongoolse Khan, met die voorstel dat die Mongole bekeer word tot die Christendom. 1546 – Pous Paulus III ekskommunikeer Hermann von Wied, van Keulen. 1674 – Pous Clemens X publiseer die bul Ad apostolicae vocis oraculorum oor die instelling van die jubileum van 1675. 1686 – Die Nossa Senhora dos Milagros strand by Struisbaai. 1746 – Slag van Culloden: in Skotland, beëindig die Jakobiet-opstand. 1777 – In die Slag van Bennington tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog wen Ethan Allen se Green Mountain Boys teen Groot-Brittanje in Vermont, VSA. 1799 – Slag van Mount Tabor: Napoleon verdryf die Ottomaanse Turke oor die Jordaanrivier naby Acre. 1838 – Die Koekoorlog begin in Meksiko. 1917 – Vladimir Lenin keer terug uit ballingskap. 1943 – Dr. Albert Hofmann ontdek die psigiese effekte van LSD 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Berlyn begin met die Sowjetaanval op Seelowe Höhen. 1946 – Die rykste goudveld in die Vrystaatse Goudvelde word op die plaas Geduld ontdek. 1947 – Ontploffings van ammoniumnitraat-kunsmis en 'n brand aan boord die Franse vragskip Grandcamp, in Texasstad, VSA, veroorsaak amper 600 sterftes. 1972 – Apollo-program: die ruimtetuig Apollo 16 word na die Maan gelanseer vanaf Kaap Canaveral, Florida.

Geboortes 778 – Lodewyk die Vrome; later Frankiese koning en keiser († 840). 1643 – Olof Bergh, ’n ou-Kaapse amptenaar en die stamvader van die Bergh-familie († 1725). 1649 – Jan Luyken, Nederlandse digter, illustreerder en gravis († 1712). 1867 – Wilbur Wright, lugvaartpionier († 1912). 1889 – Charlie Chaplin, Britse akteur, skrywer en rolprentvervaardiger († 1977). 1891 – Richard Saul, Britse vegvlieënier en lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1965). 1904 – Fifi D'Orsay, Amerikaanse aktrise († 1983). 1921 – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur († 2004). 1927 – Edie Adams, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2008). 1927 – Joseph Alois Ratzinger, (later Pous Benedictus XVI), die 265ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2022). 1940 – Koningin Margrethe II van Denemarke. 1942 – Sir Frank Williams, Britse Formule Een-motorsportlegende († 2021). 1953 – Anthony Wilson, Afrikaanse kleurlingakteur. 1954 – James Cameron, Kanadese regisseur. 1954 – Ellen Barkin, Amerikaanse aktrise. 1955 – Groothertog Henri van Luxemburg. 1962 – Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake. 1965 – Martin Lawrence, Amerikaanse akteur en komediant. 1965 – Yves-François Blanchet, Kanadese politikus, sedert 2019 leier van die Bloc Québécois. 1967 – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder en komediant († 2002). 1971 – Selena, Amerikaanse sangeres Tejano († 1995). 1971 – Sharon Dijksma, Nederlandse politikus. 1974 – Xu Jinglei, Chinese aktrise. 1976 – Lukas Haas, Amerikaanse akteur. 1986 – Paul di Resta, Skotse Formule Eenrenjaer. 1999 – Lisette Olivera, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 1828 – Francisco Goya, Spaanse skilder (* 1746). 1914 – George William Hill, Amerikaanse astronoom (* 1838). 1946 – Arthur Chevrolet, pionier motorrenjaer en -ontwerper (* 1884). 1958 – Rosalind Franklin, Engelse skeikundige en x-straal kristallografis (* 1920). 1968 – Fay Bainter, Amerikaanse aktrise (* 1893). 1992 – Neville Brand, Amerikaanse akteur (* 1920). 1994 – Ralph Ellison, Afro-Amerikaanse skrywer (* 1914). 2002 – Robert Urich, Amerikaanse akteur (* 1946). 2007 – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise (* 1923). 2018 – Harry Anderson, Amerikaanse akteur (* 1952). 2019 – Fay McKenzie, Amerikaanse aktrise (* 1918). 2021 – Helen McCrory, Engelse aktrise (* 1968). 2022 – Rhoda Kadalie, Suid-Afrikaanse menseregteaktivis (* 1953).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Groenland: Koningin van Denemarke se geboortedagherdenking

Kategorie:April